Dit is moeilik om die magdom mooi foto’s wat Mooiloop se lesers neem en aanstuur, in Bosstories geplaas te kry, daarom publiseer ons ook julle foto’s hier. E-pos jou beste foto’s aan Webwerf-foto’s by bosstories@rsp.co.za vir plasing, maar onthou dit bly onderworpe aan goedkeuring. Onthou om jou volle naam, kontakbesonderhede en ’n kort onderskrif vir jou foto’s saam te stuur.
Hierdie
bord staan net buite Ponta d'Oura
in Mosambiek. Ons weet nou nog
nie of dit beteken daar koeke
of drank verkoop word nie. Die
bordjie sê ook die plek
is nuut, maar dit lyk taamlik
vervalle!.
Elana le Roux, Bryanston. |
| |
Sonsondergang.
Ek het dié foto geneem
toe ons by Christiana 'n vleisie
op 'n vlot op die kole gegooi,
en die rustigheid van stilte geniet
het.
Linda du Plessis, Bultfontein |
| |
Moederliefkosing.
Die foto is in die Kruger- Nasionale
Park geneem, en was 'n tree van
die voertuig af en ongelukkig
het hulle in 'n koeltetjie en
agter bossies gekuier sodat die
foto nie so helder uitgekom het
nie. Mamma het 'n tarentaal gevang
en alleen opgevreet terwyl kleingoed
leegbek gesit en kyk het. Daarna
het sy darem vergoed met haar
moederliefde.
Linda du Plessis, Bultfontein.
Canon EOS 20D, Canon 100 -
400 mm-lens. |
| |
Blousporrie.
Nelis Engelbrecht, Garies.
(Laai af as Skermbeeld)
|
| |
Namakwalandse
blom.
Nelis Engelbrecht, Garies.
(Laai af as Skermbeeld) |
| sien meer foto's: |
[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] |
| |
[17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] |