Ramsay, Son & Parker (Pty) Ltd

 

 
 TUISBLAD
 NUUTSTE UITGAWE
 VAN DIE REDAKTEUR
 BOSSTORIES
 GROEN WENKE
 RADIO LANGPAD
 CHRIS BARNARD
 DOENDINGE
 BLOGS
 KOMPETISIES
 JULLE FOTO'S
 KONTAK
 SKAKELS
 SKERMBEELDE
 
 



Julle foto's
 

Dit is moeilik om die magdom mooi foto’s wat Mooiloop se lesers neem en aanstuur, in Bosstories geplaas te kry, daarom publiseer ons ook julle foto’s hier. E-pos jou beste foto’s aan Webwerf-foto’s by bosstories@rsp.co.za vir plasing, maar onthou dit bly onderworpe aan goedkeuring. Onthou om jou volle naam, kontakbesonderhede en ’n kort onderskrif vir jou foto’s saam te stuur.

Die twee roofvoëls was op pad na buit naby Kwang in die Kgalagadi-wildtuin.
Lientjie Kotze, Bloemfontein.
Kamera : Canon 400D, 75 - 400 mm-USM-lens.

 
Ek het op die springbok afgekom naby Auchterlonie in die Kgalagadi-wildtuin. Dit lyk kompleet of hy iets uit sy oog wil haal. Dalk 'n All Black?
Lientjie Kotze, Bloemfontein.
Kamera : Canon 400D, 75 - 400 mm-USM-lens.

 
In die Chobe-park naby Kasane het ek die rooibekneushoringvoel gesien wat 'n verkleurmannetjie gevang het.
Johan Laubscher, Bloemfontein.
Kamera : Canon 30 D met 'n Canon 100 - 400 mm-lens.


 
Die Qolora-riviermond langs die Wildekus in die voormalige Transkei is die perfekte, maar haas onbekende en ongerepte strandhengel-, vlieghengel- en natuurbestemming met uitgestrekte strande en avontuurervarings om van te droom.
August du Preez.
Kamera : Kodak DX4900.
 

Tiervishengel op die Laer-Zambezirivier in Zambië.
August du Preez.
Kamera : Kodak DX4900.

 
sien meer foto's: [1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16]
  [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29]
 

footer