Ramsay, Son & Parker (Pty) Ltd

 

 
 TUISBLAD
 NUUTSTE UITGAWE
 VAN DIE REDAKTEUR
 BOSSTORIES
 GROEN WENKE
 RADIO LANGPAD
 CHRIS BARNARD
 DOENDINGE
 BLOGS
 KOMPETISIES
 JULLE FOTO'S
 KONTAK
 SKAKELS
 SKERMBEELDE
 
 



Julle foto's
 

Dit is moeilik om die magdom mooi foto’s wat Mooiloop se lesers neem en aanstuur, in Bosstories geplaas te kry, daarom publiseer ons ook julle foto’s hier. E-pos jou beste foto’s aan Webwerf-foto’s by bosstories@rsp.co.za vir plasing, maar onthou dit bly onderworpe aan goedkeuring. Onthou om jou volle naam, kontakbesonderhede en ’n kort onderskrif vir jou foto’s saam te stuur.

 
Dau by Inhambane
Peter Thomas, Mosambiek.
(Laai af as Skermbeeld)
 
Mokoro-vaart
Marietjie Nel, Chobe.
 
Ek sien jou.
Peter Thomas, Kruger Nasionale Park.
 
Daar sal ver gesoek moet word om groter spesialisasie as by "God be with us motor vehicle workshop" te vind. Alle voertuigmake, model, petrol of dieselaandrywing, of aard van die probleem sal hanteer word - selfs buiteboordmasjiene en motorfietse se toekoms is verseker in hierdie bekwame hande. Moontlik is hier 'n geleentheid waar groot opleidingskundigheid vanuit ons eie kontinent ingevoer kan word om te help met die plaaslike tekort aan geskoolde arbeid!
Piet du Plessis, Stellenbosch.
 
Sekerlik een van die beste ingenieursinnovasies wat nog die lig in Afrika gesien het, is hierdie houtskoolstofie. Die manne wat hierdie stofies in Blantyre, Malawi, op die sypaadjie maak, is baie trots op hul werk. Nog nooit het ek enige ander stofie gebruik, selfs die deftigste ingevoerde modelle, wat so energiedoeltreffend is soos hierdie een nie. Met min of meer as 'n handvol houtskool word 'n groot hoenderpot en 'n kan koffie gemaak. Daarna gee hy nog vir minstens 'n uur genoeg hitte af om die koue van die voete en die bene af weg te hou.
Piet du Plessis, Stellenbosch.
sien meer foto's:
 
 

footer