Ramsay, Son & Parker (Pty) Ltd

Foto: Gerrit Rautenbach

 

 
 TUISBLAD
 NUUTSTE UITGAWE
 VAN DIE REDAKTEUR
 BOSSTORIES
 GROEN WENKE
 RADIO LANGPAD
 CHRIS BARNARD
 DOENDINGE
 BLOGS
 KOMPETISIES
 JULLE FOTO'S
 KONTAK
 SKAKELS
 SKERMBEELDE
 
 


 

Oktober 2008

Is jy bekommerd oor die omgewing en wil daadwerklik iets doen om die skade wat reeds aangerig is, om te draai? Wel, ons maak dit vir jou maklik. Mooiloop bied elke maand aan lesers omgewingswenke. Stuur jou groen wenke en meegaande foto's van per e-pos aan bosstories@rsp.co.za.

SAEON benodig voëltel-vrywilligers
Die Suid-Afrikaanse Omgewingsobservasienetwerk (SAEON) se Ndlovu-node benodig vrywilligers vir 'n opname van Suid-Afrika se savanna-voëls.

Langtermyn-omgewingsmonitering, veral in die Noordelike Halfrond, toon klimaatverandering het reeds plante se groeiseisoene beïnvloed en dat diere en plante se verspreidingspatrone daardeur aangetas is. Ook migrerende voëls se trekpatrone verander.

Omdat baie min data vir die Afrika-vasteland beskikbaar is, het SAEON se Ndlovu-node 'n navorsingsprojek van stapel gestuur om inligting rakende migrerende voëls te versamel. Vrywillige voëlkykers word betrek en die projek sal vir eers tot Suid-Afrika se savannastreke beperk wees.

Kontak: Nikki Stevens, 013 735 3540, nikki@saeon.ac.za, www.saeon.ac.za.

Weg is jy, gogga
'n Reeks natuurlike en omgewingsvriendelike insekweermiddels wat deur Repello Cape vervaardig word, bied gemoedsrus vir groot en klein in malariagebiede.

Die insekweermiddels kombineer onder meer geran-olie, wat op sy beurt van geranium-olie geëkstraheer is, en neem-olie wat van die Azadi-rachta indica-boom afkomstig is. Die neem-olie beheer insekte se reproduksie en groei effektief sonder om hulle dood te maak.

Die Repello Cape-reeks sluit in 'n muskiet-noodhulpkissies (R130, voldoende vir twee persone vir 'n week in die bos); insekwerende armbande (R30) wat vir sowat 120 uur doeltreffend sal werk; RepellX-sproei (R50 per 100 milliliter) wat deur muskiete gehaat word; en All Stings Considered-room (R40) om die seer uit enige byt- of steekplek te haal. Tick Safe (R60) is 'n nie-olierige sproei wat bosluise weghou, en 'n insekwerende tafeldoek (R30) is wat jy vir 'n gogga-vrye piekniek nodig het.

Kontak: Clint Jones, 083 355 1278, repello@polka.co.za.

-------------------------------------

September 2008
Augustus 2008

Julie 2008

Junie 2008

Mei 2008

 

footer