Ramsay, Son & Parker (Pty) Ltd

Foto: Gerrit Rautenbach

 

 
 TUISBLAD
 NUUTSTE UITGAWE
 VAN DIE REDAKTEUR
 BOSSTORIES
 GROEN WENKE
 RADIO LANGPAD
 CHRIS BARNARD
 DOENDINGE
 BLOGS
 KOMPETISIES
 JULLE FOTO'S
 KONTAK
 SKAKELS
 SKERMBEELDE
 
 


 

Mei 2008

Is jy bekommerd oor die omgewing en wil jy daadwerklik iets doen om die skade wat reeds aangerig is, om te keer? Wel, ons maak dit vir jou maklik. Elke maand bied ons aan lesers wenke bied sodat almal kan help om aardverwarming te vertraag. Stuur jou groen wenke per e-pos aan bosstories@rsp.co.za.

Was wasgoed by 30 ºC
Hoewel die "Do a good turn"-veldtog deur die wasgoedseep-vervaardiger Ariel in Brittanje van stapel gestuur is, is dit ook plaaslik van toepassing. Die meeste wasmasjiene is ingestel om wasgoed by 40 ºC te was. Deur jou wasgoed vir net een jaar by 30 ºC te was, kan die gemiddelde gesin (volgens die veldtog) genoeg krag spaar om:

  • 2 500 koppies tee (Suid-Afrikaners verkies koffie, dankie) te maak.
  • 1 400 episodes van jou gunsteling-TV-sepie te kyk.
  • 1 000 mikrogolf-etes gaar te maak.

Dit kan tog nie te moeilik wees om te doen nie. Komaan, bewys die aarde 'n guns en "do a good turn".

Vir meer inligting rakende dié veldtog besoek www.doagoodturn.co.uk.

Plant 'n Clanwilliam-sederboom

Die jaarlikse Clanwilliam-sederboom-plantingseremonie vind Saterdag 24 Mei 2008 by Heuningvlei in die Cederberg-wildernisgebied plaas. Die verrigtinge begin om 10:00.

Die Clanwilliam-sederboom (Widdringtonia cedarbergensis) kom net in die Cederberg voor, en dit verteenwoordig een van die 1 000 oorlewende sipresspesies ter wêreld.

Bushmans Kloof Wilderness Reserve & Retreat, Cape Nature en die Botaniese vereniging span vanjaar saam in 'n poging om dié bedreigde boom van uitsterwing te red. Die plaaslike gemeenskap word op 'n groot skaal by die verrigtinge betrek, insluitend kinders van die Elizabethfontein Laerskool en ander skole in die omliggende gebied.

Vir meer inligting en om die geleentheid by te woon:
Jill Wagner, 021 685 2598, jill@bushmanskloof.co.za.

 

 

footer