Junie 2008
Trap liggies
Om jou koolstofvoetspoor en sodoende las
op die omgewing te verlig, is daar 'n hele
klomp maklik bereikbare doelwitte. Mooiloop
het gaan raad vra by die webwerf www.carbonfootprint.com.
Die mens se koolstofvoetspoor is 'n maatstaf
om die invloed van ons aktiwiteite op die
omgewing te bepaal ingevolge die hoeveelheid
kweekhuisgasse wat ons produseer. Dié
gasse word in eenhede van koolstofdioksied
(CO2) bereken.
Verklein jou koolstofvoetspoor deur:
- Alle elektriese toestelle af te skakel
wanneer jy dit nie gebruik nie (ook by
die muur, nie net die toestel nie).
- Deur die temperatuur op die geiser net
twee grade laer te stel, is reeds 'n groot
tree vorentoe.
- Skakel eers die skottelgoedwasser en
wasmasjien aan wanneer dit vol gelaai
is - jy sal nie net elektrisiteit en water
spaar nie, maar ook wasgoed- en opwasseep.
- Tap net genoeg water om die element
te bedek as jy een koppie koffie wil maak,
nie die hele ketel nie.
- Ontvries jou yskas en vrieskas gereeld
vir doeltreffender werkverrigting.
- Moenie jou selfoon in die laaier laat
wanneer die battery volgelaai is nie.
- Kombineer al jou weeklikse inkopies
in een rit. Of stap winkels toe vir jou
koerant, melk en brood.
- Tuimeldroërs vréét
krag. Hang jou klere liewer in die son
as jy kan.
- Draf gimnasium toe eerder as om in
jou motor daarheen te gaan.
- Besoek www.carbonfootprint.com
om jou koolstofvoetspoor te bereken en
te sien hoe jy dit kan verminder.
- Stuur jou groen wenke per e-pos aan
bosstories@rsp.co.za.
Bos toe om 'n baie goeie rede
Die Suid-Afrikaanse Omgewings-observasienetwerk
(SAEON) se Ndlovu-nodus het vrywillgers
nodig om die verspreiding van mopaniebome
in die Krugerwildtuin en aangrensende private
natuurreservate op te teken.
As aardverwarming-voorspellings bewaarheid
word, sal mopanies verder suid en aan die
westekant van die huidige verspreidingspatroon
aangetref word omdat hoër temperature
gunstiger groei-omstandighede vir dié
boomsoort inhou. Jou hulp en tyd word benodig
om die suidelike en westelike verspreidingsgrense
van die mopanieboom vas te stel.
Die vrywillige dienslewering be-hels stap
deur die Wildtuin en sy aangrensende natuurreservate
en die aanteken van mopanies op 'n hand-
globale posisioneringstelsel. Jy moet fiks
wees, en twee of meer dae - weekdae of oor
naweke - iewers tot einde Junie 2008 beskikbaar
wees. Die basiese vaardighede sal aan vrywillgers
geleer word en alle stappers sal van 'n
gekwalifiseerde wildbewaarder vergesel word.
Afhangende van hoe lank jy beskikbaar is,
sal reis- en verblyftoelae betaal kan word.
- Vir meer inligting en/of om jou naam
op die vrywilligerslys te voeg: Nikki
Stevens,
013 735 3540, nikki@saeon.ac.za.
- Vir meer inligting rakende SAEON: www.saeon.ac.za.
Laat
jou voertuig tuis
SACAB bied 'n veilige, betrou-bare en bekostigbare
vervoer-oplossing in Johannesburg, Kaapstad,
Durban en langs die Tuinroete. Die jongste
tegnologie word in die 24 uur-inbelsentrum
gebruik om seker te maak dat jy enige tyd
van die dag of nag 'n geleentheid sal kry
na jou bestemming. Deur saamry verlig ons
die druk op paaie en verminder uitlaatgasbesoedeling.
- Vir meer inligting, besoek SACAB se
webwerf by www.sacab.co.za.
- SACAB-inbelsentrum, 08611 SACAB / 08611
72222.
-------------------------------------
Mei 2008 |