Ramsay, Son & Parker (Pty) Ltd

Foto: Gerrit Rautenbach

 

 
 TUISBLAD
 NUUTSTE UITGAWE
 VAN DIE REDAKTEUR
 BOSSTORIES
 GROEN WENKE
 RADIO LANGPAD
 CHRIS BARNARD
 DOENDINGE
 BLOGS
 KOMPETISIES
 JULLE FOTO'S
 KONTAK
 SKAKELS
 SKERMBEELDE
 
 


 

Julie2008

Vlermuis-huise ís voordelig vir die omgewing

Installeer 'n vlermuis-huisie aan die kant van jou huis vir uiters omgewingsvriendelike soogdiere in jou tuin. Vlermuise is dol oor muskiete, is nie nadelig vir jou of jou troeteldiere nie, en het geen behoefte daaraan om in jou hare verstrengel te raak nie.

Sowat 70 persent van alle vlermuise eet insekte: vlieë, muskiete, besies en kakkerlakke. En waar hulle mis, sal alles geil groei. Een vlermuis-huisie kan tot 100 diere uisves wat tot 60 000 insekte per aand kan verorber. Hulle raak dus "natuurlik" ontslae van vlieënde en kruipende goggas wat jou pla sonder dat jy 'n kannetjie gif hoef in te span.

Maar hulle eet nie net nie, vlermuise bestuif ook bome, blomme en vetplante, en versprei sade sodat plante in nuwe gebiede kan groei. As jy lief is vir avokadopere, piesangs, dadels, vye, veselperskes en perskes - vlermuise sal hul bestuiwing ook behartig.

Vlermuis-huisies kos R270, insluitend die installeringskoste.

Wes-Kaapse wynplaas suiwer afvoerwater

Durbanville Hills is een van die eerste wynkelders in die Wes-Kaap wat afvoerwater herwin en suiwer ten einde water volhoubaar te hergebruik. Die kelder het onlangs 'n omgewingsvriendelike behandelingsaanleg vir afvoerwater in werking gestel om dié water vir besproeiing aan te wend.
Die proses begin wanneer die kelder se uitvloeisel met swaartekrag tot in 'n opvangtenk vloei. 'n Rooster verwyder die soliede materiaal soos pitte en doppe.

Die afvoerwater vloei dan na 'n vloeibalanstenk waar die suurgehalte van die water in ewewig gebring, voedingstowwe bygevoeg en lug in 'n enkele geaktiveerde slik-bioreaktor bygevoeg word.

Die skoon water word dan na 'n opgaardam gepomp om water aan 'n buurplaas te voorsien.
Bo en behalwe die nuwe aanleg wat die verdampingsdam vervang, is daar ook 'n aërobiese belugter wat die water mikrobiologies behandel en belug om seker te maak dat die eindproduk geen gevaar vir die omgewing inhou nie.

Martin Moore, Durbanville Hills se keldermeester, sê dat die voltooiing van die nuwe opgaardam hulle nou die geleentheid bied om hul koolstofvrystellings daadwerklik te verminder en water te spaar. "Die gistingsproses skep baie koolsuurgas wat in die lug ontsnap. Benewens wingerde wat bykans tot by die voordeur voor die kelder geplant is, het ons ook vier hektaar se olyfbome aangeplant om koolsuurgas in suurstof te omskep."
-------------------------------------

Junie 2008
Mei 2008

 

footer