|
Bosstories Briewe, reisverslae, nuusflitse
en saakmaakstories
Maart 2008

Stellenbosse Woordfees 2008
Stap saam en deel in fees van woorde
Berei jou voor op die aptytlikheid van 'n
leeftyd. Die Stellenbosse Woordfees vanaf
3 tot 9 Maart 2008 se feestema is "So
is my tafel gedek", en Wegbreek help
ook aan dié spyskaart van opwindende
Afrikaanse letterkunde skryf.
Kom toer saam met ons tydens die unieke
produksie Troebatoer op Donderdag 6 Maart
om 20:00 by die buitelugverhoog van Klein
Libertas-teater en geniet 'n piekniekmandjie
vol padkos en verrassings.
Wegbreek
was mos die eerste wat die konsep van musiek
wat kunstenaars laat reis en reise wat kunstenaars
laat musiek maak aan die groot klok gehang
het.
Teen R100 per persoon kan jy luister na
die Radio Kalahari Orkes, Rian Malan, Valiant
Swart, Koos Kombuis en Schalk Joubert se
Kayamandi Kids. Die akteur en Radio Kalahari
Orkes-lid Ian Roberts sal die reis onvergeetlik
maak met stories vol klanke. 'n Lekker padkos-pakkie
is ook ingesluit by die prys.
Slingerstap
Stellenbosch is welbekend as een van Suid-Afrika
se voorste wyndorpe en wat is 'n fees sonder
wyn? Die Woordfees en Wegbreek bring vanjaar
die wynroete na jóú toe.
Stap die Wegbreek-wynroete en kom proe die
Boland se heel beste van vroeg tot laat.
Wynplase soos Neil Ellis, Vergenoegd, Flagstone,
Deetlefs, Mooiplaas, Knorhoek, Groenland,
Morgenster en Spier neem deel.
Die roete kan sit-sit vanaf Vrydag 7 Maart
tot Sondag 9 Maart afgelê word.
Wynplase en sommige restaurante in die gebied
span saam en bied wonderlike promosies en
wynproe-geleenthede aan, spesiaal vir die
Woordfees.
Die restaurante hef nie 'n toegangs-tarief
nie en bied 'n lafenis vir die tye tussen
produksies.
Proe wyn. Loop van restaurant tot restaurant.
Of ontspan aan tafel en geniet 'n heerlike
ete met 'n glasie wyn.
Entrepreneursmark
Met die tema "So is my tafel gedek"
kry jy ook verskeie vrolike tafels by die
Woordfees. Al die stalletjies word deur
leerders aangebied en beman, met smullekker
eetgoed, poppekas, kinderteater en vele
meer. Onder Ryneveldstraat se akkerbome;
7 Maart, 17:00 tot 20:00 en 8 Maart, 9:00
tot 16:00. Bel Magdel Meyer by 021 808 2901,
woord@sun.ac.za.
- Troebatoer-besprekings en volledige feesprogram:
021 808 3513, fees@sun.ac.za,
www.woordfees.co.za.
Dis tyd om te groet, Afrika roep
'n Jaar van beplanning en padkaarte bekyk,
is verby - 15 Maart 2008 is om die draai.
Die storie van my droom om per motorfiets
deur Afrika na Europa te toer, gaan nou
begin.
My laaste, lang toetsrit het my einde November
na Kaapstad geneem. Op pad het ek in Clanwilliam
vir my rooi voetegoed gekoop; daardie soort
wat David Kramer bekend gemaak het. Nou
het die sterre reggestaan en agterop my
bagasie het ek 'n paar rooi skoene vasgebind.
Daar het hulle elke dag gery tot ek 5 000
kilometer verder in Mookgopong gestop het.
Van
Clanwilliam is ek noord, verby Bitterfontein
waar Suid-Afrika se grootste diamantroof
lank gelede gebeur het (en steeds onopgelos
is). By die vleiswerke daar (ek is mal oor
die eiesoortige taalgebruik van die Namakwalanders)
het ek vir my droëwors gekoop en dit
in die karige skadu voor die slaghuis geëet.
Tussen die rotskoppe en -klowe van die pad
tussen Garies en Kamieskroon het die ruwe
skoonheid van die gebied in my reissiel
kom sit, en het name soos Jan Dirk se Kop,
Handjieskraal se Berg, en Soetheuningberg
my laat verlang na 'n boeredans op 'n plaas
in Namakwaland. Dit wil ek in die tweede
helfte van die jaar doen.
By Steinkopf het ek 'n roosterbrood by twee
Namavroue in hul matjieshut gekoop. Ek het
die hele dag aan die brood geëet en
aan 'n lewe in matjieshutte gedink.
Die bloedige somerhitte van die pad tussen
Vioolsdrif en Grunau was vir my skrikwekkend.
Is dit hoe dit in die Sahara gaan wees?
Keetmanshoop, Windhoek, Okahandja, Grootfontein
het plekname agter my geword. My KLR het
die bloedige hitte en swaar vrag soos 'n
droom hanteer, en vir ure aaneen was die
eensilinder se eiesoortige dreuning my enigste
geselskap.
Toe ek Kavango binnery, kon ek dadelik die
verskil opmerk. Ek was in Afrika. Kinders
het langs die pad die Okavango-lemoene (nee,
nie regte lemoene nie) verkoop. Vroue het
mahango in hul houtblokke tot meel gestamp.
Oos van Rundu het ek op 'n grondpad langs
die Kavangorivier gery en gesien hoe 'n
man met pyl en boog vis jag. 'n Groep vroue
was op pad na 'n tradisionele dans vir hul
oumense, en Katura Engelbertha van die dansgroep
het vir my 'n armband gegee om my reis deur
die Kavango en Caprivi voorspoedig te maak.
In Katima Mulilo het ek in 'n ou offisiersmenasie
van die Suid-Afrikaanse Lugmag oornag. As
die mure van die kamers en die kroegie net
kon vertel van 'n lewe 'n paar dekades gelede...
Ek kan net dink wat nog op my wag. Ek is
bang dat Europa ná Afrika teleurstellend
gaan wees. Ek wonder soms of ek werklik
wil ophou ry. Wie weet waar die eindpunt
van Naboom2Germany gaan lê?
Maar vir nou gaan ek op wonderlike Afrika
konsentreer. Ek sal julle laat weet wanneer
die Suiderkruis vir oulaas agter die horison
verdwyn het.
Afrika-groete
Lodie de Jager
www.naboom2germany.co.za
lodie@naboom2germany.co.za
· Volg Lodie se Met my rug na die Suiderkruis-reis onder die Blogs-kategorie.
Hy spring op 15 Maart 2008 in Mookgopong
met sy Kawasaki KLR 650-motorfiets weg en
wil op 15 Junie 2008 in Duitsland stop.
· As jy belangstel om ook te blog,
stuur 'n e-pos aan bosstories@rsp.co.za
met meer inligting oor jou reisplanne. Blog-deelname
is gratis en kommentaar op ons blog-skrywers
se ervaringe word op die webwerf verwelkom.
20 Hummers hum saam
Op 'n Saterdag in Desember 2007 het sowat
20 Hummers in die Atlantis-duine buite Kaapstad
- waar 4x4-ry toelaatbaar is - byeengekom
om die uitgestrekte duine te takel. Maar
voor die bestuurders die 4x4's op die proef
kon stel, het die toerleier, Johann Meyer
van JB'S Auto Repairs, eers die moets en
moenies uiteengesit.
"Een
fout op 'n duin en 'n voertuig kan rol,"
het hy gewaarsku. "Deur nie in mekaar
se spore te bly nie, kan iemand maklik verdwaal.
En geen alkohol tydens die rit nie, want
dan kan jy 'n oordeelsfout met noodlotige
gevolge gemaak."
Teen die einde van die bespreking kon die
manne nie meer wag nie. Twee toere was op
die agenda, die eerste 'n besigtigingstoer
en die tweede vir dié wat vir 'n
groter uitdaging kans sien.
Van die nasionale pad af kan 'n mens nie
glo dat die duine so mooi kan wees nie.
Hulle maak sagte kurwes en die sand is wit
en pragtig. Mense wat die duine gereeld
ry, sal saamstem dat die duine nie een dag
dieselfde is nie. Die wind gee telkens aan
die duine nuwe lêplek. Atlantis is
'n eie woestyn.
Die 4x4-bestuurders het egter gou besef
dit is nie net van inklim en ry nie; daar
is vele tegniese punte hoe om die voertuie
te beheer met die op- en afgaan van 'n duin.
En
die duine praat saam; hulle brul letterlik
as jy met die sand afry.
Die Hummers beweeg soos 'n lang trein, die
een agter die ander en hier en daar stop
een en draai terug as die duin te skerp
af is. Vir die eerstekeer-ryers is dit 'n
groot avontuur.
By 'n hindernis moet Johann eers wys hoe
die dinge gedoen moet word. Een ná
die ander gaan die Hummers daardeur, soos
seuntjies met stink-splinternuwe speelgoed.
En daar spring 'n voorste band van die naaf
af! Maar dit is vir Johann sommer die geleentheid
om vir almal te wys hoe om 'n band vinnig
terug te sit sonder om die wiel te vervang.
By die volgende hindernis, die Lang Duin
soos wat hy bekend staan, word almal eers
weer touwys gemaak. Die ander 4x4's se bestuurders
staan verbaas en kyk. Hulle kan nie gló
dat die Hummers daar sal uitkom nie. Maar
hulle kán. Walter Golding, wat die
duin al vlieënde oorgekom het, kry
summier die naam Mister Red Bull.
Die dag was net te kort en almal moes huis
toe gaan en die onvergeetlike duine agterlaat
sodat die naglewe sy gang in die woestyn
kan gaan.
Marnette Meyer
Droëkeel-Kalahari se moses
Die Noord-Kaap is 'n plek waardeur 'n mens
dink om sommer te laat wiel. Maar daar is
'n lafenis wat 'n mens nie sommer verwag
nie: 'n kelder.
Die wynlande van die Benede-Oranje is geleë
op die rand van die Kalahari al langs die
rivierloop van die Oranje. Op Upington vind
jy die hoofkantoor van Oranjerivierwynkelders.
Wie het kon dink dat vyf wynkelders en twee
sapkelders in Kakamas, Keimoes, Upington,
Kanoneiland, Grootdrink en Groblershoop
kan skuilhou.
· Wen: Vyf kiste Oranjerivierwynkelders-wyn
ter waarde van R90 elk. Blaai na bladsy
7 in die Maart 2008-uitgawe vir meer inligting
of kliek
hier.
Jongmeisieboudjies in witblits
Wegbreek-medewerker Dine van Zyl se jongste
boek, Agter die Lekker
aan, is 'n vrolike kosboek vir die smul-leser.
Dit gaan oor "die kos wat ons
eet, met wenke en wyshede, en die dinge
wat die oumense vertel het".
Die boek lees soos 'n roman met al die vrolike
staaltjies en vertellings. Tog is die lekkerlees-styl
misleidend, want die samestelling van die
boek het baie navorsing en kennis geverg.
"Ek wou nie 'n koffietafelboek skryf
nie," sê Dine. "Ek wou skryf
vir mense wat hunker na regte kos. Wat hou
van die 'tjiep' van die vleismeul en die
afskil van 'n bokkom en die vier keer smeer-en-vou
van skilferkorsdeeg. Mense wat gerus voel
as skaapskenkels op die stoof stowe en karringmelkpoeding
in die oond bak en appelkose stuitig soos
jongmeisieboudjies in die witblits lê.
"Die boek is vir mense wat ernstig
is oor eet - mense wat kwyl oor die geur
van uieringe wat in die pan braai, bros
van buite en soet en sag van binne. Mense
wat bene afkou en visgrate uitsuig en wat
'n blusaartappel stomend oopbreek en 'n
oomblik stilstaan om die grond en die goedheid
in te asem."
Die
volkleurboek het foto's van mense wat kuier.
Nie een van die foto's is geposeer of die
kos gestileer nie. Dit is regte kos vir
regte mense. Potjiekos, braaivleis, snoekstories,
kreefstories en die spyker in die doodskis,
wat die soetigheidjie vir agterna is.
· Wegbreek-lesers kan Agter die Lekker
Aan teen die spesiale prys van R230 bestel,
BTW, posgeld en verpakking ingesluit. Meld
wie die inbetaling doen en e-pos betalingbesonderhede,
kontaknommer en posadres aan: dinevanzyl@iafrica.com.
Bankbesonderhede: G. van Zyl, Absa Bank,
Hermanus, takkode 334812 en tjekrekening
4050699623.
Hou die bobbejaan agter die bult
Dit gebeur meer dikwels dat woonbuurte en
boerderye in voorheen ongerepte natuuromgewings
tot stand kom, binne die natuurlike habitat
van bobbejaan en ape. Dié uitgeslape
diere is deeglik bewus van die toegang tot
voedsel wat die mens en boerderye inhou
en gee daarom nie pad nie.
Daar is nou aan 'n beter, veiliger manier
gedink om bobbejane en ape weg te hou van
woonbuurte, maar gelukkig terselfdertyd
hul voortbestaan te verseker.
Baboon Watch is 'n stelsel wat deur die
Suid-Afrikaanse uitvinder Doug Deid ontwikkel
is.
Dit
is volgens die vervaardigers 'n moet vir
alle huiseienaars wat in 'n omgewing bly
waar bobbejane en ape moles maak. Die weerbestande,
geslote kringkamera-stelsel behels 'n skadelose,
maar hoëfrekwensieklank wat die bobbejane
en ape weghou en menssku maak.
Nou hoef boere nie meer wrede stappe te
doen om hul boerderye te beskerm nie.
Baboon Watch kan permanent buitenshuis geïnstaleer
word en genereer klank teen 'n veranderlike
frekwensie. Dit bring 'n hoë, ongemaklike
klank voort en sal die bobbejane en ape
weghou van die gebied. Die frekwensie is
verstelbaar van hoorbaar tot geluidloos.
Die toestel se effektiewe afstand is min
of meer 30 meter, maar 'n addisionele reikwydte
van 20 meter is ook moontlik.
· Vir meer inligting, bel 044 534
8280, 083 301 7044, e-pos info@dazer.co.za
of besoek www.dazer.co.za.
Sakelui moet sweet
Met
al Eskom se kaperjolle, die JSE en wêreldmarkte
wat duik en die politieke onsekerhede sedert
Polokwane het sakelui in Suid-Afrika nogal
'n klompie uitdagings om mee rekening te
hou.
Hier is 'n uitdaging van 'n gesonder aard:
Die South African Challenger World Event.
Challenger World-geleenthede hou 'n reeks
mededingende uitdagings in wat samewerking
vir sakedoeleindes onder deel-nemende spanne
bevorder. Die doel is om die spanne te beloon
vir hul strategiese beplanning, kommunikasievaardighede,
groepsamewerking asook fiksheid en uithouvermoë.
Oor
die verloop van twee dae en drie nagte word
die mededingende korporatiewe spanne gekonfronteer
met 'n reeks uitdagings, elk met die oog
op 'n spesifieke vaardigheid.
Die uitdaging vind van 15 tot 18 Mei 2008
in die Breedekloofvallei in die Wes-Kaap
plaas.
· Vir meer inligting rakende die
Challenger World Event, bel 021 685 6219,
e-pos monique@challengerworld.co.za
of besoek www.challengerworld.co.za.
|