Ramsay, Son & Parker (Pty) Ltd

 

 
 TUISBLAD
 NUUTSTE UITGAWE
 VAN DIE REDAKTEUR
 BOSSTORIES
 GROEN WENKE
 RADIO LANGPAD
 CHRIS BARNARD
 DOENDINGE
 BLOGS
 KOMPETISIES
 JULLE FOTO'S
 KONTAK
 SKAKELS
 SKERMBEELDE
 
 


 
Blogs

 
Lewer kommentaar op hierdie storie

2 Oktober 2008
Kat is weg, nou is muis baas - Nelis Engelbrecht
Wel, die huis is skoon stil vanaand. My ouers is bietjie Kaap toe vir my pa se tweede boek se uiteensetting.

En Soufie, my enigste bron van skottelgoed was en kos maak, is ook op naweek, so daar is darem 'n groot bak frikkadelle in die yskas wat ek kan eet.

Was dit nou 'n gedoente om die voorblad van die boek se foto te kry. Ek moes 'n murasie afneem, maar my pa wou alle kante en beligting hê, so van 6-uur die oggend foto's tot laat die agtermiddagson moes ek vang. Gelukkig is hy darem tevrede.

Die naweek wat verby was was weer propvol opwinding. Intussen het ons nog gaan absail ook, dis mos nou 'n lekker sport daardie. As jy so af kyk agter jou en jy hoop en bid daardie tou hou jou. Dan stel Martin (Lompa) my gerus dat 'n bakkie aan daardie tou kan hang, wel, help darem so bietjie vir die senuwees. Wel, Brennon (10 jaar), 'n seuntjie wat hier gekuier het, het toe ook sommer kans gesien vir die besigheid. Ek kon nie glo dat daai mannetjie die guts het om teen daardie vertikale stuk klip af te gaan nie. Hy het my verbaas. "I'm alive! Yea!" skree hy toe hy so stadig afkom. Ek glo hy sal dit altyd onthou.

Ek lei nou nog aan die skok dat Martin vertel dat daar mense op R50 000 se fietse rondry, mense, weet julle hoeveel sakke mielies dit is? Wel, die fietsryery het my baie geïnteresseer. So nou werk ek aan 'n bergfiets-track. Dit is so mooi, met hobbels en jumps. Kan nie wag om dit klaar te maak nie. Dit is ook nie lekker om aan iets te werk en jy het nie eens 'n fiets nie, aangesiek ek 3 weke gelede my fiets aan 'n plaaswerker verkoop het omdat die fiets net hier staan, min het ek geweet.

Ons het Engelse gaste ook hier gehad die naweek, en Martin is ook Engels, so ek het my kwota Engels in vir die jaar! Dit het my darem baie gehelp vir die oorsee gaan besigheid en het die geleentheid gebruik gemaak om die tong so bietjie los te kry. Ek het maar later gesien hulle verstaan my beter as ek Afrikaans praat want ek verlei hulle vreeslik "because they don't forstand me all time so nicely!"

Aangesien ek net Engels gebruik in selfverdediging het ek darem nou baie verbeter. Sien ook baie uit na die trippie, wat 'n belewendes gaan wees. Ek het darem my "Franse" Schegen-visa gekry. Almal het gesê daai tannie is baie kwaai, maar ek en sy het so lekker gesels oor die skape en blomme dat ek haar om my pinkie gedraai het. Ons het so bietjie vasgehak toe ek moes verduidelik waar ek vandaan kom. So, dis nog net 'n maand dan vat ek die ystervoël oor die waters. Ek wat in Parys se strate wandel, wat 'n droom wat een van die dae bewaarheid gaan word.

As iemand meer wil weet oor die fiets baan e-pos my by sarrisam@gmail.com. Ek dink dit is baie nice. Môre gaan ek die ander roete klaar maak wat ek vandag uiteen gesit het; dit is die beste een, vol spronge en op en af draaie.

Gaan kyk hier oor die bergfietsroete. Sommer 'n videoclip wat ek gemaak het van ons ryery die naweek.

Wel, as iemand weet waar ek 'n ordentlike fiets kan koop, laat weet my.

Ja, môreoggend kan ek mos sommer laat slaap ... Ek wens!

Tot later dan ...

Lewer kommentaar op hierdie storie
Lees lesers se kommentaar: (2)  
 
Baie lekker om te lees.
Baie lekker om weer van Namakwaland te lees.
Ingedien deur : jmostert99  op 2008/10/03

video clip
dis baie cool! het dit baie geniet! mooi bly & sterkte vir die kosmakery... ;0)
Ingedien deur : terina  op 2008/10/03

 

 

footer