Ramsay, Son & Parker (Pty) Ltd

 

 
 TUISBLAD
 NUUTSTE UITGAWE
 VAN DIE REDAKTEUR
 BOSSTORIES
 GROEN WENKE
 RADIO LANGPAD
 CHRIS BARNARD
 DOENDINGE
 BLOGS
 KOMPETISIES
 JULLE FOTO'S
 KONTAK
 SKAKELS
 SKERMBEELDE
 
 


 
Blogs

 
Lewer kommentaar op hierdie storie

30 September 2008
Ek rol in die vrede - Lodie de Jager
Maandag ry ek weer langpad met die KLR. Ek gaan Nelspruit toe.

Die radiostasie daar gaan die middag 'n paar talk shows oor Naboom2Germany opneem. Dit gaan blykbaar vir 'n paar Woensdae uitgesaai word. Wat 'n wonderlike kans om die lekkerte van so 'n toer met 100 000 mense te deel! Baie dankie aan André du Plessis wat dit georganiseer het!

Ek het begin skryf aan Naboom2Germany. Dis lekker. Maar dit gaan stadig ... Dit gaan maande vat om eers alles in rof klaar te hê. Dan eers begin die verfyning, verbetering. Maar intussen herleef ek alles weer van voor af, die lekkerte en ook die benoudheid.

Na dit wat ek begin September oor positiwiteit geskryf het, het ek interessante reaksies gekry. Ek het nou 'n maand dinktyd gehad. My alleenwees-ervarings van my motorfietstoer help my om nog een gedagte oor positiwiteit te formuleer.

As dit reën en jy stap in die donderstorm in, gaan jou positiewe gedagtes nie keer dat jy nie sopnat gaan reën nie. Dis nie vir my positiwiteit nie. Dis sommer stupid wees. Positiwiteit is vir my wanneer jy 'n probleem voor jou sien en jy moet 'n keuse maak: Gaan ek probeer om die beter van 'n slegter situasie maak, of gaan ek in my hoekie sit en kerm oor die probleem.

Ek hou nie van whine nie. Dit het nog nooit vir my enige oplossing in my lewe gebring nie. Ek hou van doen. En ek doen omdat my instelling, selfs in negatiewe situasies, positief bly. En glo my, ook in my beroepslewe die afgelope 8 dae was daar danksy die Duitse Ambassade genoeg geleentheid om te whine. Maar dan sou ons vandag nie 'n sentimeter nader aan 'n oplossing gewees het nie.

En ek bly steeds positief oor my wilsbesluit dat ek op hierdie stukkie Afrika-aarde wil bly, en leef, en geniet...

Lewer kommentaar op hierdie storie
 
 
 

 

footer