Ek wil graag die storie (ek het dit nie self geskryf nie) met julle deel. Dis 'n storie wat nie onder die maatemmer verberg mag word nie.
Ek weet nou nie hoe jy oor spinnekoppe voel nie, maar ek ry eerder 'n fiets sonder 'n saal as om een te konfronteer.
Ja, gisteraand lê ek rustig en lees, minding my own business... bedlampie brand baie domesticated en sag, met die komplimente van Argos, toe ek so 'n sagte geskarrel in die kamer hoor. Dog eers dis die mot wat wil selfmoord pleeg teen die bedlamp se gleilampie ... Kyk ... Nee, mot se kind sit so stil soos 'n pedigree-foksterrier wat razor blades poef.Toe's die skuifelgeluid weer daar! En ek skrik alles regop wat plat was, en pap wat op was! 'n Onaardse gedrog van 'n spinnekop met WP-rugbykouse, en wat as weltergewig kan inweeg, toer teen 8000 refs oor die vloer en spring sommer so met die laai se handles teen die bedkassie op! Op slag bedinges ek my beste linne in 'n herfs-kleurskakering in ... Lyk of iemand my bed kapoenkleur ge-spraypaint het. Ek moer alles, boek, bedlamp, asbak, glas, die toetie tot op die laagste vlak van die kamer - die vloer. Nou's die helse spaaider nog tussen my en die kombuis, waar ek, omdat hulle my so mollesteer, deur die jare 'n arsenaal van Doom vergader het. Nou weet ek, nou sal ek flat out moet hol vir daai Doom. Ek pluk my enigste halfnat Jockey aan en laat snol. Tien sekondes later moet ek by die kombuisdeur back paddle om nie twee agterdeure te hê nie. Lord of the Dance se gat, my bra! Terug .. Daar sit die bliksem nog! Sommer so met die briektrek, spuit ek al (gelukkig net Doom)! Osoonlaag en al daai goeter, se moer. Spuit hom leeg! Duik my harige vyand soos Ryk Neethling agter die bedkassie in. Moertoe moet hy wees na daai dubbel Doom en gifreuk wat nou dikker as toffie in die kamer hang. Ek trek die kas bietjie vorentoe, skiem nog so ek't gewen toe skielik hol daai 4-wheel drive monster van 'n aardsgedrog teen die muur uit, reg voor my oë verby tot kophoogte. Agt oë soos Beetle wheelcaps kyk my vierkantig in my twee ogies. Nou's dit nag. Ek verlaat myself, my water breek, my knieë swik, my longe loop leeg, my lippe parteer van mekaar. 'n Kreet verlaat my binneste, ontsnap oor my trillende lippe ... Dis toe dié klanke wat Black Sabbath en Uriah Heep na die Drakensbergse seunskoor laat klink. Maar dit was maar ook Spiderman se laaste asem, want net daarna los hy als en kom skeef-skeef grond toe, soos fisantmis in vlug. Al retererende het ek en Doom die veldslag gewen. |