Ramsay, Son & Parker (Pty) Ltd

 

 
 TUISBLAD
 NUUTSTE UITGAWE
 VAN DIE REDAKTEUR
 BOSSTORIES
 GROEN WENKE
 RADIO LANGPAD
 CHRIS BARNARD
 DOENDINGE
 BLOGS
 KOMPETISIES
 JULLE FOTO'S
 KONTAK
 SKAKELS
 SKERMBEELDE
 
 


 
Blogs

 
Lewer kommentaar op hierdie storie

26 September 2008
Fietsry is lankal nie meer net fietsry nie - Nelis Engelbrecht
Wel, my niggie Terina en haar verloofde Martin het bietjie kom kuier, praat van 'n lewendige spul.

Martin is mal oor rotsklim, absailing en bergfietsry. Wel, sommer nou nie net 'n bergfiets nie. Hulle het hul fietse saam gebring. Ek het eers my niggie s'n gebruik, want sy het bietjie olik geraak. Ek het altyd by myself gedink fietsry is lekker tot ek 'n quadbike gekoop het, ja-nee, dis mos baie beter om rond te jaag en jy hoef nie eens te trap nie. Wel, ná die week het my siening weer bietjie verander. Glo my, as mens se speelgoed reg is, is enigiets lekker om te doen.

Sy fiets is opgebou, en weeg skaars 10 kg, hy het 'n hardegat-voorskokbreker wat ek selfs op my bakkie kan gebruik. Hidroliese disc brakes, kan jy glo, wanneer laas was 'n fiets net 'n fiets. "Wat kos die fiets nou?" wou ek weet want as ek so na hom kyk moes dit 'n paar rand wees. "Fifteen thousand rand," sê hy met 'n Duits-Afrikaanse aksent. "Liebe Hemel," en ek val amper op my rug. So baie vir 'n fiets, dan moet jou hom nog trap ook nog. Maar glo my, dit is elke sent werd. Ons het op ons ander plaas 'n plato wat af gespoel het, seker so 50 m hoog. Martin het onmiddelik potensiaal gesien vir 'n roete. Ek het my niggie se pienk fiets gevat, jinne, maar so 'n skokbreker maak bitter baie verskil.

Martin het ook al die gadgets. Hy haal daar 'n klein blink houertjie uit. Dit lyk kompleet soos 5 cm Coke-bottel. Dit is van metaal. Mense pomp 'n wiel binne sekondes met daai ding op, twee bar, my mond het oopgeval.

Dan is daar die klere, die stywe broekie met die kussing in (wat lyk soos die klere van die rofstoeiers), helmit en handskoene, laat my soos Lance Armstrong lyk, het lekker gelag, want die tights sit bietjie beknop. Ons het toe begin rond ry, bulte op en af. Het heel bo begin en afdraand gejaag, hel, die adrenalien het pepomp soos ons oor elke heuweltjie spring. Nou begin like ek die besigheid. Maar later wou ons net hoër spring en teen styler afdraande afjaag. Ja-nee verseker, die gogga het my gebyt.

Martin het Cleets aan, daai skoene wat so in die paddle in clip. Dit het hom duur te staan gekom, want hy het sommer 4 keer geval, as jy te stadig gaan en balans verloor en jou voet sit vas, val jy sommer lekker.

Ek het die gejaag so geniet, die gespringery en walle af ry, nie geweet dit kan so lekker wees nie. Goeie oefening ook moet ek sê. Vandag het ons besluit om see toe te ry van die plaas af, 'n stywe 13 km en my bene is lekker lam. Die sand het ons kuite afgebyt, maar die afraande het ons laat wiel. Ons het mekaar gejaag teen 40 km/h teen 'n bult af, was bitter opwindend. Martin se GPS sit op sy fiets, so ons kon duidelik sien waar ons is en hoe die pad om ons lyk. So miskien ruil ek my quadbike in vir 'n nuwe fiets, want more gaan sit ons 'n roete uit sodat ons kan gaan speel.

Wel, ons het gister weer 3 mm reën gehad en die wêreld raak net groener. Ons is baie dankbaar dat die veld mooi is en die marklammers lekker vet daarna uitsien. En ek is baie bly my pa het my bietjie af gegee om bietjie saam met my niggie-hulle te kuier, want volgende week bars ek weer.

Tot later dan

Lewer kommentaar op hierdie storie
 
 
 

 

footer