Ramsay, Son & Parker (Pty) Ltd

 

 
 TUISBLAD
 NUUTSTE UITGAWE
 VAN DIE REDAKTEUR
 BOSSTORIES
 GROEN WENKE
 RADIO LANGPAD
 CHRIS BARNARD
 DOENDINGE
 BLOGS
 KOMPETISIES
 JULLE FOTO'S
 KONTAK
 SKAKELS
 SKERMBEELDE
 
 


 
Blogs

 
Lewer kommentaar op hierdie storie

22 September 2008
Fotografie is tog te lekker! - Nelis Engelbrecht
Ja-nee, vandag was Sondag en vanoggend vroeg het ek uit die bed gespring met 'n gespartel op die dak, sweer die Fillestyne is op ons soos die dak raas.

Ek vlieg uit die bed uit met 'n vaart om te gaan kyk wat te hel nou aangaan. Kyk op die dak, my wêreld, twee duiwe wat met hond se gedagtes staan. Dis mos sulke tyd van die jaar en die voëls moet mos ook meer word. Kan jy nou meer, ek hol in en gaan haal my kamera wat altyd op standby is. Ek begin die duiwe afneem, maar hulle note my nou nie eers nie, ek gaan bos en hulle gaan net aan met hul mannewales.

Wel, toe is ek nou wakker en besluit om my kamera te vat en die veld in te loop, effens oostelug, vandag gaan weer warem wees. Ek maak 'n lekker koffie en verslaan 'n paar stukke beskuit. Ek het al heel week meerkatgate gesoek, ek wou nog altyd graaitjies afgeneem het so ek beter vroeg voor die gate gaan lê. Ek ry die veld in en gaan lê voor die gate agter 'n soutbos. 'n Halfuur gaan om en geen meerkat steek sy kop uit die gat uit nie. "Bogger dit," dink ek by myself. Ek gaan darem nou nie heel dag wag nie.

Net links van my is 'n klipkoppie en ek sien daar sit 'n paar dassies. My nuwe targets! Ek kruip nader, maar later loop ek sommer regop tot by die koppie, want ek weet 'n dassie is maar 'n dom ding. As hy eers in die son gesit het na 'n koue nag, dan kan jy hom maar in sy gat injaag, dis een twee drie, dan soek hy daai sonnetjie.

Laai af as skermbeeld! Kliek hier!Ek het eers agter 'n klip gaan sit, baie ongemaklik, hulle het later uitgekom, die hele spul, was te oulik. Later het ek besluit om nader te gaan, ek het sommer regop vyf meter van die gat af gestaan. Ek het in posisie gaan staan, vinger op die knoppie. Jinne, so 'n 500 mm-lens is swaar, veral na ek 10 min lank so gestaan het, my arms het later gepyn. Skielik dop die spul reg voor my uit, asof ek nie eens daar staan nie, lewensgroot voor hulle. Die natuur is darem net te wonderlik.

Na ek my shots gekry het, besluit ek om na die ander plaas toe ry om te gaan kyk of my jakkalsvoëlkuikens nog nie uit gebroei het nie. Tot my verbasing het die ene se snaweltjie net net deurgepik en spook hy om uit te kom, is dit nie 'n ongelooflikke gesig nie.

Ja-nee, verder het ek heel dag op my kniëe rond gekruip om al wat 'n dierelewe is af te neem. Dit is darem net lekker om in my wêreld te bly! Die blomme het weer geblom of hulle betaal word, die wêreld is vol skoenlappers en blindevliëe. Die goed steek so seer ek kry nie eens 'n foto geneem nie. Wel, mens kan sommer sien dis nie ek en jy wat die wêreld aanmekaar geslaan het nie, alles is te perfek.

Om net in die veld te sit en na die stilte te luister.

Ja-nee, ek's so bevoorreg. Wel, ek het toe maar af see toe gery om die hitte te dodge. Die foto's het okey uitgekom. As julle wil gaan kyk, gaan na www.facebook.com Tot later dan ...

Lewer kommentaar op hierdie storie
Lees lesers se kommentaar: (1)  
 
duiwe
jy en die voëls! pleks jy werk! haha dit was darem Sondag! Jy moet die duiwe uit die plafon uithaal! Lekker storie, lekker gelag! Jy moet bietjie 'n storie skryf van jou & Martin se bergfiets idees...
Ingedien deur : terina  op 2008/09/24

 

 

footer