Ramsay, Son & Parker (Pty) Ltd

 

 
 TUISBLAD
 NUUTSTE UITGAWE
 VAN DIE REDAKTEUR
 BOSSTORIES
 GROEN WENKE
 RADIO LANGPAD
 CHRIS BARNARD
 DOENDINGE
 BLOGS
 KOMPETISIES
 JULLE FOTO'S
 KONTAK
 SKAKELS
 SKERMBEELDE
 
 


 
Blogs
 
Dié www.mooiloop.co.za - afdeling is nommerpas ontwerp vir die Mooiloop- redaksionele span en erkende medewerkers om hul ondervinding op reise of sommer bosstories en ander wildlewenuus te deel met jou, die reis- en/of buitelewe-geesdriftige. Ry saam met Mooiloop-joernaliste wat pad vat, lees wat hulle alles kwytraak oor wat hulle sien en beleef, en lewer kommentaar daarop om só tot lewendige debatvoering by te dra.




Rohan Strydom

Soos alles in my lewe, het die hele reis- en skryfding vir my eers laat gebeur. En ja; ek bedoel alles. Op skool, soos nou, kon ek nie rugby speel nie en het van rekenaars gehou, so maak maar jou eie afleidings.

Weens my Pa se loopbaan in die ou Trust Bank het ons amper oral in die land gebly. My laaste skooljare was in Oos-Londen, waarna ek 'n hele paar baie suksesvolle jare in Stellenbosch deurgebring het. Omrede my akademiese jare by die universiteit egter nie so suksesvol was nie, het ek pad gevat Britse Eilande toe, en twee moeilike, wonderlike jare in Skotland, Jersey in die Kanaal Eilande en Wallis deurgebring. Dit was in die tyd toe mens nie Mrs. Balls Chutney in Tesco's kon koop nie, so Brittanje was toe nog Brittanje.

Terug in Suid-Afrika het ek in IT begin werk; die vangnet-industrie vir menige tegniese mense wat nie 'n ander werk kon hou nie. Ek en my lieflike vrou, Eldré, is so bietjie meer as ses jaar gelede getroud en woon in Durbanville. Tussendeur het die groot eer ons te beurt geval om vir amper drie wonderlike jare die eienaars van Dorpstraat Teater in Stellenbosch te kon wees. Dorpstraat het die kreatiewe en avontuurlustige vure in my wakker gemaak, en sal ek vir ewig in die skuld wees by die Afrikaanse rockmusikante hiervoor.

My passies, soos die meeste mans wat gebore is voor die verskyning van TV in Suid-Afrika, is musiek, kitaar, flieks, kosmaak, 4x4, reis en my vrou. Ek is ook woes betrokke by People Living With Cancer en het gehelp om 'n wonderlike Afrikaanse rock-CD uit te bring ten bate van mense wat saam met kanker leef. Ek sal vir ewig dankbaar wees vir Eldré wat nooit met my tou opgegee het nie, sodat ek wel eendag die w ondere van reis sou begin geniet.



 
8 September 2008
Britte, Italianers en armblankes - Rohan Strydom
Deur Rohan Strydom
Die donnerse Britte. Teen 1881 het die Brit Henry Barrington al heerlik gebly in Portland Manor, net buite die Knysna-bosse.
27 Augustus 2008
Namibië, vleis, ghout en ’n pillietjie - Rohan Strydom
Deur Rohan Strydom
Ek het NIE ’n idee wie hierdie geskryf het nie, maar dankie vir Karate Kallie wat dit aangestuur het.
30 Julie 2008
Hemel op die platteland - Rohan Strydom
Deur Rohan Strydom
In my naïewe jeug was ek ‘n ingeskrewe meganiese ingenieurswese student by Stellenbosch. Daar het nie veel van dit gekom nie, maar daardie 4 jaar van waansin waarvoor my arme ouers moes betaal, het wel 2 groot nagevolge gehad.
21 Julie 2008
Te veel tyd op jou hande? - Rohan Strydom
Deur Rohan Strydom
Geen probleem, laat jou Fortuner gediens word by Toyota N1 Stad
14 Julie 2008
Matroosberg is witgesneeu - Rohan Strydom
Deur Rohan Strydom
Ek en Eldré het die naweek - saam met die helfte van die Kaap - na die Matroosberg se sneeu gaan kyk.
23 Junie 2008
Die redakteur van Mooiloop (dis hy op die foto) het my lewe verwoes - Rohan Strydom
Deur Rohan Strydom
“Mooi loop”, reken Willie.
29 Mei 2008
So van reisvriend Johan Bakkes gepraat - Rohan Strydom
Deur Rohan Strydom
Net om te bewys dat mans ook weet hoe om mooi op en af te klim in 'n rokkie.
29 Mei 2008
Waarom ek Toyota gekoop het - Rohan Strydom
Deur Rohan Strydom
Ek weet hierdie is bietjie oud, maar dink net, as hulle in daai jare al sulke 4×4’s kon maak, hoe goed is dit nie nou nie?
29 Mei 2008
Skaap in honde klere - Rohan Strydom
Deur Rohan Strydom
Onlangs weer lees ek een van my vriend Johan Bakkes se vele reis skrywes, en reg aan die begin maak hy weer half-skaam verskoning vir die feit dat hy gelukkig is.
5 Mei 2008
4×4-grappe (sad, ek weet..) - Rohan Strydom
Deur Rohan Strydom
My 4x4-grappe en my wenslys vir my Fortuner
5 Mei 2008
Foto: houtstellasies - Rohan Strydom
Deur Rohan Strydom
Kosie verduidelik dat weens al die reën die voorafgaande paar weke, is die woestyn aan die lewe kry. Ek het geweet die woestyn is 'n dor plek, maar was verbaas om uit te vind dat daar so min aangaan, dat hout nie eers verrot nie.
5 Mei 2008
Gogga maak vir baba bang – Rohan Strydom
Deur Rohan Strydom
Ek: “Liefieeeeee!” Liefie: “Ja?”
25 April 2008
Van 0x0 tot 4x4 in een week - Rohan Strydom
Deur Rohan Strydom
Jacques, die toergids, bied aan om vir ons te wys hoe ware manne ’n duin aanpak.
25 April 2008
Dag 3 in die Namib - Rohan Strydom
Deur Rohan Strydom
Dag 2 word nie oor gepraat nie, want dit sal vir altyd bekend staan as “die dag wat Rohan nie oor die donnerse duin kon kom nie, maak nie saak hoe hard hy sy bakkie 'gewax' het nie”.
24 April 2008
Kaptein Caprivi – Rohan Strydom
Deur Rohan Strydom
Hoe meer ek probeer uitvind oor wie presies hierdie mistieke man is, hoe meer lyk dit vir my asof hy NIE Valiant se Mystic Boer is nie.
24 April 2008
Plant vir my ’n Namib-roos – Rohan Strydom
Deur Rohan Strydom
Right. Oë oop. Knip. Knip. Vryf oë. Kyk rond.
 
 

 

footer