|
Peter
Thomas
Ná vroeë aftrede uit die
bankwese het ek my lessenaar ingeruil
vir 'n dubbelkajuit-bakkie, kampeertoerusting
gekoop, asook 'n goeie kamera en lense
en 'n GPS, en ek was reg vir die ooppad.
Tot dusver nog net in Suidelike Afrika
rondgery, maar beoog om een van die
dae verder noord te gaan ondersoek
instel. My gunsteling-uithangplek
is die Kgalagadi (Namibië word
nou te duur).
Ek is gek oor fotografie en ek wag
nog om op die regte tyd op die regte
plek te wees om daardie spesiale foto
te neem! Ek skryf ook nou en dan,
en het redelike sukses met artikels
wat in tydskrifte gepubliseer word.
Ek probeer ook om Afrikaans op die
internet te bevorder en ook van ons
tradisies te bewaar deur my webwerf:
www.peterjasie.co.za.
|