|
|
|
Lodie
de Jager
Ek is lief vir die bos, vir Botswana,
die Kalahari, vir reis. As ek nie
droom oor hierdie jaar se toer nie,
werk ek ook, partykeer selfs te hard,
dink ek. Maar so dink alle lui-gatte,
so ek gaan nie te veel daarop roem
nie.
Ek is direkteur van die FSA Youth
Exchange, n leerling-uitruilprogram
tussen Suid-Afrika en Duitsland (www.fsa-youthexchange.co.za).
Ek hou van mense, maar ek hou ook
daarvan om dinge alleen te doen. Om
die Naboom2Germany-reis alleen met
my motorfiets aan te pak, gaan moontlik
hoër eise aan my stel. Dit is
reg so. Ek het besluit ek wil tyd
vir my neem, en die reis gaan my die
kans daarvoor bied.
En nee, ek het nie krisisse en dinge
in my lewe wat ek moet uitsorteer
nie. Ek reis omdat ek lief is vir
reis, mense en die lewe.
Hoekom Mookgopong (Naboomspruit)?
Ek het tot einde 2003 in Pretoria
gewoon. Ek was nie meer lus vir die
stad en verkeer en taxi's en toustaan
en verkeersknope nie, toe trek ek
bosveld toe. En weet julle, ek mis
nie die stad nie, glad nie. So, Mookgopong,
Limpopo-provinsie, is my huis en paradys
en van hier gaan ek Duitsland toe
ry.
Volg Lodie se Met my rug na die Suiderkruis-reis
onder die Blogs-kategorie. Hy spring
op 15 Maart 2008 in Mookgopong met
sy Kawasaki KLR 650-motorfiets weg
en wil op 15 Junie 2008 in Duitsland
stop...
|
| |
|
30 September 2008 |
|
Ek rol in die vrede - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Maandag ry ek weer langpad met die KLR. Ek gaan Nelspruit toe.
|
|
|
4 September 2008 |
|
My planne vir 2009 - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Goeie more! Sondagoggend kwart oor drie het ek met die KLR die pad gevat O R Tambo- Lughawe toe vir 'n vroegoggendvlug Durban toe.
|
|
|
27 Augustus 2008 |
|
My reisdagboek - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Rina Bondesio het vir my die hele reisdagboek afgelaai en op 'n CD gegee. Baie dankie Rina!
|
|
|
27 Augustus 2008 |
|
Dis so lekker - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Die bosveld is vandag mooi. Mens voel en ruik die lente (veral die Vaalbos!).
|
|
|
19 Augustus 2008 |
|
Soveel goedheid - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het Sondagmiddag vir die eerste keer sedert die einde van Naboom2Germany weer 'n wye draai met die KLR gaan ry.
|
|
|
13 Augustus 2008 |
|
Weersiens - Lodie de JAger |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het vir Elize en Conrad Schoeman in Bethlehem ontmoet. Ontmoet is nie heeltemal die regte woord nie.
|
|
|
29 Julie 2008 |
|
Ek sukkel nog steeds - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek sit en tik met die een vinger van my linkerhand. Dis moeilik met die gips aan die regterarm. Het jy al probeer tandeborsel met links as jy regshandig is?
|
|
|
28 Julie 2008 |
|
Blitsvinnig - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Dit was vinnig Donderdagoggend het ek die spesialis in Pretoria gaan sien oor my beseerde arm, en Donderdag laatmiddag is ek geopereer.
|
|
|
24 Julie 2008 |
|
Ek voel goed - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek is al byna twee weke af van my fiets. Dit het 'n tydjie gevat om gewoond te raak aan alles.
|
|
|
21 Julie 2008 |
|
Wat was die doel van Naboom2Germany? - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Waarskuwing: As jy nie lus is om nou iets diepers te lees nie, moenie verder lees nie.
|
|
|
17 Julie 2008 |
|
Peter en Tessa is terug by die huis - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Middag, Kan julle nog die pa en dogter uit Nederland, Peter en Tessa, onthou?
|
|
|
16 Julie 2008 |
|
Woensdag 16 Julie - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Verlore: vandag is my derde dag op kantoor. My liggaam is hier, my kop ... sweef êrens oor Afrika. Dit is in elk geval nie met my nie.
|
|
|
13 Julie 2008 |
|
Twee dae na Naboom2Germany - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Goeie naand. Twee dae is verby sedert ek terug is op Naboom. Ek het nou al 'n paar keer na my foto's gekyk. Ek kan nog nie steeds glo dat die toer verby is nie.
|
|
|
12 Julie 2008 |
|
Die groot verrassing - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Kort voor Naboomspruit het ek 'n hele klomp motorfietsryers langs die pad sien staan. Ek het eers gedink daar was 'n ongeluk, veral toe hulle my tot stilstand wuif.
|
|
|
12 Julie 2008 |
|
Naboomspruit - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Na 20 000 km het ek laatmiddag veilig op Naboomspruit aangekom.
|
|
|
11 Julie 2008 |
|
Kuiermense in Potchefstroom - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Vanoggend in die bitterkoue Vrystaat het die KLR met die eerste druk van die aansitter gevat. More na 20 000 km gaan die fiets sy welverdiende ruskans kry. Vandag kuier ek nou eers in Potchefstroom by my pa.
|
|
|
10 Julie 2008 |
|
Kuier by Jacques en Estelle Roos, Welkom - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Goeie naand! Ek het vandag 'n heerlike rit vanaf Colesberg gehad.
|
|
|
9 Julie 2008 |
|
En die reën het oornag soos 'n dief gekom ... - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| More! Die koue van gister het my soos 'n baba laat slaap. Toe ek netnou wakker word, sien ek die straatjie voor my kamer is blinknat.
|
|
|
9 Julie 2008 |
|
Dinsdag 8 Julie, ysige Colesberg - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Naand! Vandag was ysig koud, nat tot kort voor Richmond, en 'n ylerige sonnetjie vanaf Hanover tot by Colesberg waar ek met sonsondergang aangekom het, en 'n verwoedelike wind wat vanaf Beaufort-Wes alles van die pad wou gevee het.
|
|
|
8 Julie 2008 |
|
Matjiesfontein, en dit reën steeds ... - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Goeie more! Ek het netnou wakker geword met die geluid van reën op die sinkdak. Dit gaan 'n nat begin wees van 'n koue, heerlike lang rydag vandag.
|
|
|
8 Julie 2008 |
|
'n Dag van vele vreugdes en seeninge! - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Vandag was 'n dag van baie seeninge en vreugde. Ek het my fiets gekry. Daar was nie 'n skrapie op die fiets nie. Ek was 'n bietjie bekommerd daaroor gewees.
|
|
|
7 Julie 2008 |
|
Sunday, July 6, 2008 - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Big thanks to SAA
|
|
|
4 Julie 2008 |
|
Baie dankie aan julle almal - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek wil graag so aan die einde van my reis vir julle almal baie dankie sê, dankie vir die e-posse, vir die saamlees aan die dagboek, vir die aanmoediging, die bemoediging toe Soedan se hitte my kop laat hang het, BAIE DANKIE!
|
|
|
3 Julie 2008 |
|
Die KLR in Afrika - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Kawasaki KLR 650
|
|
|
2 Julie 2008 |
|
Ek wil dit met jou deel - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het hierdie vanmiddag van een van die mense ontvang wat gereeld die dagboek gelees het, wat in Soedan groot bemoedigende woorde geskryf het, wat ek nog nooit ontmoet het nie, van 'n mens wat ek glo sonskyn versprei waar sy gaan.
|
|
|
2 Julie 2008 |
|
Die KLR is afgegee - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het laas in die Sinaiwoestyn in Egipte die KLR ge-"hug".
|
|
|
30 Junie 2008 |
|
Maandag 30 Junie 2008 - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Laaste reis van die KLR in Europa vir hierdie jaar.
|
|
|
30 Junie 2008 |
|
Sondag 29 Junie 2008 - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| In Pulheim by Dieter en Dorothée
|
|
|
30 Junie 2008 |
|
Vrydag 27 Junie 2008 - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| In Dusseldorf by Det en Ivi.
|
|
|
26 Junie 2008 |
|
Nog 'n dag se ry is verby - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Goeie naand!
|
|
|
26 Junie 2008 |
|
Ek begin nou al selfs te droom - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het nog net 5 en 'n half rydae in Duitsland oor tot ek die fiets in Munchen afgee.
|
|
|
26 Junie 2008 |
|
Wel gedaan Sib! - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Sib het veilig en op skedule by die Noord-Kaap aangekom.
|
|
|
25 Junie 2008 |
|
Nou begin alles te vinnig verby gaan! - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Aan die einde van die groot toer het ek en die KLR nog die dag met die meeste kilo's ingesit: 691 km tot by my vriende Petra en Volker Schmidt in Neustadt. Dit was die langste dag in terme van afstand, nie in tyd nie.
|
|
|
22 Junie 2008 |
|
Sondag 22 Junie - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Torun, die mooiste onder die mooies
|
|
|
21 Junie 2008 |
|
Saterdag 21 Junie - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| 'n Winderige nat dag in Pole. So lyk 'n snelweg in Pole. Boomomsoomd. Pragtig.
|
|
|
19 Junie 2008 |
|
Letland-foto - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Hul pel was so gekletter hy kon skaars staan. Hy wou afgeneem word met my sonbril op, helm en handskoene in sy hand. Wie redeneer met 'n dronk Rus as sy vriend 'n groot byl vashou?
|
|
|
19 Junie 2008 |
|
Letland-foto - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Heelwat later die middag. Hierdie twee is Russe, deel van die Russiese minderheid in Letland. Hy wou pertinent met sy hand op die windskerm staan. Wie redeneer met 'n man wat so 'n byl vashou?
|
|
|
19 Junie 2008 |
|
KLR op Ruslandgrens, word nie toegelaat - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Dis die treurige waarheid. Ek is nie in Rusland toegelaat nie. En dit na 15 000 km.
|
|
|
18 Junie 2008 |
|
Syfers, getalle, liters - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Vir die manne wat in die tegniese deel belangstel:
|
|
|
17 Junie 2008 |
|
Ukmerge (Litaue) tot Rezekne (Letland) - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Vandag was ‘n Russiese dag. Nie wat die taal betref nie maar hoe die dag afgeloop het.
|
|
|
17 Junie 2008 |
|
Wat 'n nag! - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het laasnag sleg geslaap. Toe ek wakker word, was ek bly dit was opstaantyd.
|
|
|
16 Junie 2008 |
|
Andy Laing and the Comrades - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| I have just received an e-mail from Andy. Here is the text of it:
|
|
|
15 Junie 2008 |
|
Die KLR het in Litaue aangekom - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Goeie naand! Ek het gisteraand in Wyszkow oornag. Ek is vroeg daar weg. Sommer gou het ek padwerke gekry waar ek baie lank gestaan het. Ek het in totaal seker 'n uur gestaan.
|
|
|
14 Junie 2008 |
|
Saterdag - Gorlitz, Duitsland |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Dag 1 van my ry Rusland toe is agter die blad. Ek is nou regs op die kaart.
|
|
|
13 Junie 2008 |
|
Wat word tog van die wêreld? - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Toe ek weg is uit Suid-Afrika, het my twee wonderlike kollegas Lize en Suzanne beheer van die FSA oorgeneem.
|
|
|
13 Junie 2008 |
|
Uitsien uitsien uitsien! - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Dis hoe ek vanoggend voel.
|
|
|
12 Junie 2008 |
|
Forex en braaivleis - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Goeie middag! Ons beleef nou 'n stukkie winter hier. So voel dit ten minste vir my op die fiets.
|
|
|
11 Junie 2008 |
|
Wednesday, June 11, 2008 - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| An e-mail to Alet at Forex, FNB
|
|
|
11 Junie 2008 |
|
Hoe bescheuert kan 'n forex-afdeling tog wees? - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Vir die wat nie Duits ken nie, gaan soek gerus die woord op.
|
|
|
11 Junie 2008 |
|
Waar is die KLR nou? - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| More uit 'n heerlike warm Duitsland! Wat gebeur nou met my en die KLR?
|
|
|
11 Junie 2008 |
|
Toyota is ook van Vespa die "official recovery vehicle" - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Sib en die Vespa het moedig teen die sand voortgeveg. Toe die Vespa egter regop alleen in die sand bly staan het, het beide geweet: Ook die woestyn is nie Vespa-wêreld nie.
|
|
|
11 Junie 2008 |
|
Vespa + modder = probleme - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Sib beplan om op 22 Junie by Noordkaap, Europa, aan te kom.
|
|
|
11 Junie 2008 |
|
Sand + Vespa = GROOT moeilikheid - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| As twaalfjarige seun het Sib 'n boek gelees van 'n reis tussen Noordkaap in Europa en Kaap Agulhas in Suid-Afrika.
|
|
|
11 Junie 2008 |
|
Sib Andela - op 68 begin die lewe! - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek en Nic en Sib ontmoet vir die eerste keer in Egipte. Ons het uit verskillende rigtings gekom en het later weer verskillende rigtings gegaan.
|
|
|
10 Junie 2008 |
|
Andy Laing, een van die harde overlanders - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Sondag neem 'n besondere mens aan die Comradesmarathon deel. Sy naam is Andy Laing.
|
|
|
8 Junie 2008 |
|
Ruslandroete - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het nou my roete tot by St Petersburg min of meer uitgewerk. Dis die pers lyn. My terugroete sal ek later uitwerk.
|
|
|
7 Junie 2008 |
|
Saterdag 7 Junie - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Minette het kom kuier.
|
|
|
6 Junie 2008 |
|
Vrydag 6 Junie - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek is vanoggend vroeg weg Niederndorf toe. Gunther het daar nog 'n pragtige woonstel teen 'n berghang wat hy nou gaan verhuur.
|
|
|
5 Junie 2008 |
|
Donderdag 5 Junie - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek was vroegoggend by die Kawasakihandelaar so 20 km van Langenselbold.
|
|
|
5 Junie 2008 |
|
My planne - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek wil Rusland toe ry. St Petersburg toe. Die ou stad was vir lank die Russiese hoofstad (1712 - 1918).
|
|
|
5 Junie 2008 |
|
Naboom2Germany is verby, lank leef ... - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het Dinsdagnag sleg geslaap. Alles gaan om wat nou verder gebeur
|
|
|
3 Junie 2008 |
|
Maandagaand 2 Junie: My besluit - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Naand! (More aan jou in Australie, Annamarie, middag Trevor en Louise in Kanada)!
|
|
|
1 Junie 2008 |
|
Verwelkoming in Langenselbold - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Presies eenuur het ek by Gunther en Rosi se huis in Langenselbold ingery.
|
|
|
1 Junie 2008 |
|
Naboom2Germany is verby, finito! - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Sondag 1 Junie – Langenselbold, Duitsland.
|
|
|
31 Mei 2008 |
|
Saterdag 31 Mei - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het verlede week geskryf dat ek en Sib en Nic die laaste keer totsiens gesê het. Nooit mag 'n mens “nooit” sê nie. Saterdagaand het ons weer by Anne en Archie Rebstock ontmoet.
|
|
|
30 Mei 2008 |
|
Möhringen, Duitsland - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Goeie naand! Dis Vrydag 30 Mei. Ek het vanoggend besluit om nie die KLR vol te maak nie. Dis nou tyd om te kyk hoe ver ek op 'n tenk brandstof kan kom.
|
|
|
30 Mei 2008 |
|
Ek wil dit met julle deel - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| More! Van Emil het ek die volgende link gekry.
|
|
|
30 Mei 2008 |
|
Pfronten, Duitsland |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek is nou in die Alpdorpie Pfronten waar ek vir 4 jaar gewoon het. Dit was goeie jare met soveel geleenthede om die omgewing te verken. Waar die sambrele staan, was my huis.
|
|
|
29 Mei 2008 |
|
Woensdag 28 Mei - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Is daar meer in die lewe en spirituele wêreld as wat ons vermoed? Kan ons woorde wind laat opkom en sand opskep?
|
|
|
28 Mei 2008 |
|
Rattenberg, Oostenryk - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek dink ek het die Afrikahitte saam uit die Sahara gebring: Oostenryk en dele van Duitsland het vandag oor die dertig grade gehad!
|
|
|
27 Mei 2008 |
|
Gardameer - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek is nou in Torbole aan die Gardameer. Die pad tot hier was prentjieboekmooi. Kan julle jul dit voorstel?
|
|
|
27 Mei 2008 |
|
Gardameer - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek is terug in Afrika. Of so het dit altans vir my vandag, Maandag, gevoel.
|
|
|
26 Mei 2008 |
|
Ronchi dei Legionari, Italië - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek was vandag so 5 uur lank in die saal. Ronchi is so 2 km van Monfalcone af.
|
|
|
23 Mei 2008 |
|
Kom ons drink 'n knertsie op Afrika! - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Vandag is Woensdag 21 Mei, twee maande en 6 dae na my vertrek uit Naboomspruit.
|
|
|
18 Mei 2008 |
|
Laaste dag in Haifa, Israel - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Haifa is die grootste stad in Noord-Israel met ‘n bevolking van ongeveer 266 000 mense.
|
|
|
17 Mei 2008 |
|
Verlore - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Finding fortune among the accidents of life - is there any greater talent?
|
|
|
17 Mei 2008 |
|
Vrydag - spirituele dag - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het vandag na 'n paar dorpe gery waar Jesus in sy lewe ook was. Die indrukke van daardie plekke het my stil gemaak. Ek was so bewus van sy Teenwoordigheid.
|
|
|
16 Mei 2008 |
|
Nakba-katastrofe - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het vanaand naby my blyplek na 'n vreedsame betoging van Palestyne gaan kyk. Gister was dit 60 jaar onafhanklikheid vir die Israeliese staat.
|
|
|
16 Mei 2008 |
|
Haifa - en my politieke neus loop - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Die ander kant van die waarheid.
|
|
|
15 Mei 2008 |
|
Laaste dag in Tel Aviv - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| More word kaartname weer realiteit vir my. Ek is gereed om die KLR se neus noord te draai na nuwe en onbekende horisonne.
|
|
|
14 Mei 2008 |
|
Wonderlike brief van vriende - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Jacques en Estelle Roos van Welkom het met my vertrek twee maande gelede 'n brief saamgegee wat ek iewers gedurende die reis moes lees. Ek het dit vandag eers oopgemaak. Dis so mooi dat ek dit, met hul toestemming, met julle wil deel.
|
|
|
13 Mei 2008 |
|
Dag 2 in Tel Aviv, Israel - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Tel Aviv: Gister kon ek nog nie vrede maak met Tel Aviv en al die lawaai en mense nie.
|
|
|
13 Mei 2008 |
|
Tel Aviv, Israel - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Julle moet die gebrek aan leestekens verskoon. Soos Antjie Krog skryf ek ook vandag sonder fensie leestekens.
|
|
|
11 Mei 2008 |
|
Sib toegang geweier - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Jordanië het Sib Andela toegang tot die land geweier. Hy moes vooraf toestemming gekry het om die fiets die land in te bring.
|
|
|
11 Mei 2008 |
|
Israel gehaal! - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Vandag was 'n dag wat my maag laat draai het en na planne B, C en D laat gryp het.
|
|
|
10 Mei 2008 |
|
Foto: Die koelbloue Rooi See - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Visueel was dit miskien een van die groot hoogtepunte van my reis.
|
|
|
10 Mei 2008 |
|
Saterdag 10 Mei 2008 Taba, Rooi See – Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek, Sib en Nic Andela het vandag vir die vierde, en laaste, dag saamgery. Ons is vroeg weg uit Kaïro.
|
|
|
9 Mei 2008 |
|
Die ontdekking van die eeu? - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Na die besoek aan die Egiptiese museum wou ek meer lees oor die ontdekking van Toetankamen se graf by Luxor. Hier onder is 'n berig wat my geboei het, veral omdat ek van die goed vanmiddag self kon sien.
Geniet dit!
|
|
|
9 Mei 2008 |
|
Donderdag in Kaïro - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Vandag was 'n relatiewe rustige dag.
Ek het vroegoggend die lugfilter op my fiets vervang en die ketting skoongemaak en geolie. Die ketting gee ongelooflike diens.
|
|
|
8 Mei 2008 |
|
Woensdag 7 Mei – Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Die polisie het die twee gewapende manne die nag by ons gelos om ons op te pas.
|
|
|
8 Mei 2008 |
|
Foto: Ons mag eet - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Toe ons honger geword het, het ons weer 'n keer geweier om verder te ry. Eers is die plaaslike mense weer eens verwilder en toe kon ons gaan sit. Ons het ons tyd geneem.
|
|
|
8 Mei 2008 |
|
Dinsdag 6 Mei – Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Dinsdagoggend. Ons het baie sleg by die polisiepos geslaap.
|
|
|
8 Mei 2008 |
|
Foto: In konvooi - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Wat 'n klug!
|
|
|
8 Mei 2008 |
|
Maandag 5 Mei – Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Maandagoggend vroeg. Ons wag vir die konvooi vanaf Aswan na Luxor, en eet ontbyt op 'n Rolls Royce se enjinkap!
|
|
|
8 Mei 2008 |
|
Halfelf, en die polisie het ons – Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Dis halfelf. Ons het die heerlikste aand met die Egiptiese gesin gehad.
|
|
|
7 Mei 2008 |
|
Woorde is nie genoeg - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Daar is regtig niks wat ek kan sê wat presies sal weergee hoe ek nou voel nie.
|
|
|
7 Mei 2008 |
|
Uiteindelik die polisie ontduik - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ons het vandag teen middag vir die eerste sedert gister oggend daarin geslaag om die polisie en hul verpligte konvooi te ontduik.
|
|
|
6 Mei 2008 |
|
Ek word oral opgepas - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ontbyt met 4 polisiemanne as beskerming, waarteen?
|
|
|
5 Mei 2008 |
|
Egiptiese teleurstelling - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Naand! Wanneer ek meer tyd het, sal ek oor vandag skryf.
|
|
|
4 Mei 2008 |
|
Vanaand is my laaste aand in Aswan - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| My reisplanne om met die Nyl langs te ry, is deurmekaar gegooi. Blykbaar word toeriste nie daar toegelaat nie. Ons moet konvooi-ry en vanaf Luxor kus toe swaai en kuslangs noord ry.
|
|
|
1 Mei 2008 |
|
Aswan, Egipte - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Goeie naand! Ek is in Egipte.
|
|
|
30 April 2008 |
|
Afskeid van Wadi Halfa, nou kom Egipte! - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| More! Ek gaan nou my fiets pak en dan hawe toe ry.
|
|
|
29 April 2008 |
|
Wadi Halfa in beeld 3 - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Sonsopkoms oor Wadi Halfa
|
|
|
29 April 2008 |
|
Wadi Halfa in beeld 2 – Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek spoor 'n alkoholvrye bier op.
|
|
|
29 April 2008 |
|
Wadi Halfa in beeld - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Seun en pa Andela uit Johannesburg.
|
|
|
29 April 2008 |
|
Bruin Dinsdag in Wadi Halfa – Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| More uit W H!
Laasnag het die wind weer erg gewaai en my tentjie heen en weer geruk.
|
|
|
28 April 2008 |
|
Bruin Maandag in Wadi Halfa – Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Middag uit die bruine, sand- en stofbedekte dorpie aan die Nubiese meer (of Lake Aswan).
|
|
|
27 April 2008 |
|
So long Soedan – Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek is werklik bly ek het besluit om by my oorspronklike plan te hou. Ek sou skuldig gevoel het as ek Sondagoggend in die trein geklim het …
|
|
|
26 April 2008 |
|
In Wadi Halfa aangekom - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Donderdag tot Saterdag. Ek is in Wadi Halfa. Ek is klaar met die woestyn!
|
|
|
25 April 2008 |
|
Donderdag 24 April - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Loof die Here vir vandag se ry! Drieuur vanoggend begin te ry, slaap vanaand onder palmbome 50 km verby my dagdoelwit. 1 km voor einde harde val in sand, regtertas losgeruk.
|
|
|
24 April 2008 |
|
Woensdag - laaste dag in Khartoem - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Goeie middag vir hopenlik die laaste keer uit Khartoem!
|
|
|
23 April 2008 |
|
Dinsdag 22 April Khartoem – Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het vanoggend vir 'n oomblik gedink ek is die enigste oorlewende van 'n gasaanval deur 'n onbekende vyand op Khartoem. Die strate was dolleeg. Nêrens was 'n mens of motor of taxi te sien
nie. En dit na gister se dolle gejaag deur oorvol strate.
|
|
|
22 April 2008 |
|
Maandag April 21 Khartoem o Khartoem – Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| My vlammetjie brand laag.
Ek is moeg vir sukkel, en vuilgoed wat oral lê en arrogante mense.
|
|
|
21 April 2008 |
|
My rooi stippellyn deur Afrika - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Groete uit Khartoem. Ek staan nou vir ‘n paar dae want ek moet eers hier registreer en dokumentasie regkry voor ek verder kan ry.
|
|
|
21 April 2008 |
|
Saterdag tot Sondag - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Beginpunt: Gondar (Ethiopië). Eindpunt: Khartoem (Soedan). Afstand: Saterdag 234 km, Sondag 535 km.
|
|
|
18 April 2008 |
|
Foto: Medahme Alem-kerk, Ethiopië - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Dit was die enigste van ten minste 44 kerke in Gondar wat tydens ‘n inval van Soedan in 1888 nie vernietig is nie. Dit word aan ‘n wonderwerk deur die Maagd Maria toegeskryf wat die invallers sou gestop het.
|
|
|
18 April 2008 |
|
Kultuurdag in Gondar, Ethiopië - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Vandag was dit 'n genotvolle kultuurdag.
|
|
|
17 April 2008 |
|
Bahir Dar tot Gonder - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Beginpunt: Bahir Dar. Eindpunt: Gonder. Afstand: 174 kilometer.
|
|
|
17 April 2008 |
|
'n Blikkie Coke - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Gonder is my laaste afsaalpunt in Ethiopië. Vrydag ry ek terug vanaf Gonder tot by die eerste dorpie en daar, net na die brug, draai die pad weg Soedan toe. 'n Grondpad. Blykbaar is die pad nie in 'n goeie toestand nie.
|
|
|
16 April 2008 |
|
Bahir Dar - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ethiopië. Het jy geweet?
|
|
|
15 April 2008 |
|
Ek vorder - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| 'n Vriendin het laas Augustus vir my 'n gedig geskryf oor my toer. Toe ek op die kaart sien tot waar ek reeds gevorder het, het ek Riana se gedig weer gelees. Hier's hy:
|
|
|
15 April 2008 |
|
Bahir Dar - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Vertrek: Debre Markos (Ethiopië). Eindpunt: Bahir Dar (Tanameer) Afstand: 253 km. Nog 'n heerlike dag in Afrika is verby.
|
|
|
13 April 2008 |
|
Sondag - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Beginpunt: Addis Abeba. Eindpunt: Debra Markos. Afstand: 295 kilometer.
|
|
|
12 April 2008 |
|
Laaste dag in Addis Abeba - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Die Hollandse overlanders, die pa- en dogterspan Peter en Tessa, het ook in Addis aangekom. Ons het mekaar laas net voor die begin van die harde roete deur Noord-Kenia gesien.
|
|
|
11 April 2008 |
|
Soedanese visum - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Addis Ababa Wonder o wonder! Ek het gistermiddag my visum vir Soedan gekry! Wat 'n voorreg om 'n paspoort van 'n Afrikaland te hê!
|
|
|
10 April 2008 |
|
Ethiopiëroete - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Hier is ek nou in Addis Abba. Vir hoe lank die rooi streep op die kaart na Duitsland gaan stilstaan, weet nugter.
|
|
|
10 April 2008 |
|
Visumaansoek vir Soedan - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| My rit noord, verder weg van Mookgopong en die Suiderkruis af, het tydelik tot stilstand gekom. Alle reisigers wat noord oor Afrika reis, stop oor in Addis Adeba om daar vir hul Soedanese visum aansoek te doen.
|
|
|
9 April 2008 |
|
Woensdag 9 April Op pad na Addis Abeba - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Addis Abeba, die naam Addis Abeba en Organisasie vir Afrika Eenheid (OAE) is sedert my kinderjare in my verstand ingebrand. Baie nuusberigte het dikwels donkerwolknuus uit Addis vir wit Suid-Afrika gebring.
|
|
|
9 April 2008 |
|
Addis Abeba - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Naand! Ek het laatmiddag in reen in die stad aangekom. Die verkeer was chaoties!
|
|
|
9 April 2008 |
|
Vrydagmiddag 8 April - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Vrydagmiddag: Ek koop die laaste water by die "hotel".
|
|
|
9 April 2008 |
|
Slaapplek: Die vuur vir warm water - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| My kamer is nie jou kamer nie. My slaapkamer is nie jou slaapkamer nie.
|
|
|
7 April 2008 |
|
Dagboek vanaf Vrydag tot Sondag - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Marsabit (Kenia) – Awassa (Ethiopië) - Vrydag 4 April 7:00 Opgestaan, baie mistig buite. Sou ideaal wees om in sulke weer te kon begin te ry. Lekker ontbyt: Omelet, een van die klein pannekoekies van hier en ‘n perfekte hol vetkoek. Soet tee.
|
|
|
4 April 2008 |
|
Road of Hell - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Dis al hoe ek Donderdag se roete kan beskryf.
|
|
|
4 April 2008 |
|
Eiegeregtig - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Nadat ek die dame vir foto betaal het (ek was op die fiets), het sy my waterbottel gegryp en laat spat.
|
|
|
4 April 2008 |
|
Ewenaar - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Woensdag 2 April het ek die ewenaar oorgesteek.
|
|
|
4 April 2008 |
|
The Road of Hell - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Dit was twee moeilike dae.
|
|
|
3 April 2008 |
|
Donderdag 3 April Suiderkruis - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek is noord van die ewenaar en kan steeds die Suiderkruis sien!
|
|
|
1 April 2008 |
|
Nairobi, Dinsdag, terugkyk - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Naboom tot in Nairobi. Vandag is my laaste dag in Nairobi.
|
|
|
1 April 2008 |
|
Foto-tyd: Kenia - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Die motor se nommerplaat is 'n aanduiding van hoe ek gister na my malariatablet gevoel het.
|
|
|
1 April 2008 |
|
Nairobi, Maandag, geen nuus - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Goeie more! Geen nuus uit Nairobi. Ek is vandag nog hier en vertrek more vroeg op die Noord-Kenia-roete. My fiets is byna klaar, net laaste paar skokbrekerinstellings nog om te doen.
|
|
|
30 Maart 2008 |
|
Interessante medereisigers - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Peter van der Linden is 'n skraal, seningrige mens met meestal 'n sigaar wat so lekker ruik, in sy mond.
|
|
|
29 Maart 2008 |
|
Kyk hoe lekker sit almal vas - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Kenia is modderig en almal val vas.
|
|
|
29 Maart 2008 |
|
Kenia - Nairobi - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Gisteraand het ek geskryf dat die pad Nairobi toe my laaste maklike pad in 'n lang tyd gaan wees.
|
|
|
28 Maart 2008 |
|
Vrydag 28 Maart: My ryperd, my brakkie en ek ... - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Vanaand is my laaste aand in Tanzanië.
|
|
|
28 Maart 2008 |
|
Foto-tyd 2 - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Vir kort het die son geskyn. Ek drink my coke in die KLR skaduwee.
|
|
|
28 Maart 2008 |
|
Foto-tyd 1 - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| My daaglikse middagete, ses piesangs
|
|
|
28 Maart 2008 |
|
Ruskans langs die pad |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Baie dankie vir almal wat vir my geskryf het. Ek antwoord waar ek kan maar of alle antwoorde by julle uitkom, weet ek nie. Moet asb. nie ophou skryf nie!
|
|
|
28 Maart 2008 |
|
Donderdag 27 Maart - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Beginpunt: The Old Farmhouse, Kisolanza Eindpunt: Segera Afstand: 609 km
|
|
|
27 Maart 2008 |
|
Opvang-tyd, klets-tyd - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Tanzanië - Beginpunt: Bongo Camping. Eindpunt: so 60km wes van Iringia. Afstand: 345 km
|
|
|
26 Maart 2008 |
|
Tanzanië - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek sit kragloos, maar darem nie moedeloos nie, in Tanzanië
|
|
|
26 Maart 2008 |
|
Tanzanië - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Goeie naand! Murphy het vandag gewerk. My laptop se battery is onverklaarbaar weer pap.
|
|
|
24 Maart 2008 |
|
Nkatha Bay, Malawi - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Naand uit Nkatha Bay, Malawi.
|
|
|
23 Maart 2008 |
|
Malawimeer - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Dis vandag ‘n luilekker Sondag.
|
|
|
22 Maart 2008 |
|
Malawimeer: Saterdag 22 Maart - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het tot hier gery, gesien, en nou kan ek in vrede sterf. Ek het die Malawimeer gesien.
|
|
|
21 Maart 2008 |
|
Lilongwe, Malawi - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Vrydag 21 Maart: Dis was Goeie Vrydag. Dit het die letterlik duisende fietsryers op die pad verklaar.
|
|
|
20 Maart 2008 |
|
Zambië - Petauke - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Wat 'n wonderlike dag! Die son het geskyn en vir die eerste keer sedert Saterdag het ek nie natgereën nie!
|
|
|
19 Maart 2008 |
|
Dit was 'n lang Woensdag - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het nie baie van vandag gehou nie. Ek gaan in die toekoms rusdae beperk.
|
|
|
19 Maart 2008 |
|
Hier's ek op die kaart - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Daar is nog 'n lang pad voor my, maar ek vorder.
|
|
|
19 Maart 2008 |
|
Petrol R 16.16 per liter - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Zambië – net suid van Lusaka
|
|
|
16 Maart 2008 |
|
Sondag - Botswana, Kazangula - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het die Choberivier bereik. Ek is nou net ‘n paar kilometer van die punt waar Zimbabwe, Botswana, Namibië en Zambië bymekaar kom. More al verlaat ek Botswana
|
|
|
17 Maart 2008 |
|
Zambië - Livingstone, Maandag - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek wou Maandagaand in Vic Falls, Zimbabawe, oorgebly het, maar ek kon nie. Die dorpie is soos ‘n begrafnis vir my.
|
|
|
16 Maart 2008 |
|
Sondag, 16 Maart, 2008 - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| In Kazangula. Dit was ‘n dag van rekord slaggate, rekord reenstorms en my langste ononderbroke sit op die KLR, 4 ure aan die laaste 320km. I arrived very wet in Kazangula.
|
|
|
15 Maart 2008 |
|
Saterdag, 15 Maart, 2008 - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Naand uit Francistown!
|
|
|
14 Maart 2008 |
|
Foto: Laaste aand se kuier - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Groepfoto van die aand
|
|
|
14 Maart 2008 |
|
Dis 'n feit: Alles pas nie op die fiets nie! – Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| More! Ek het 'n laatnag gehad gisteraand. Opgepak en afgepak. Uitgepak en opgepak. Dit sal netnou verder gaan. Alles pas nie op die fiets nie.
|
|
|
12 Maart 2008 |
|
Drie dae vyftien uur ... – Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek was vandag vir oulaas in Pretoria, by Fransa van Contra Accounting. Fransa en haar besigheid sorg dat al ons finansiele (waar is die deelteken tog vandag!) state altyd betyds by SARS is.
|
|
|
10 Maart 2008 |
|
Waarvoor ek moeg is – Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het die laaste tyd in my 'n groterwordende irritasie begin opmerk.
|
|
|
9 Maart 2008 |
|
My laaste Sondag by die huis – Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Volgende Sondag het ek vir die eerste keer in my tentjie op toer wakker geword, weg van die vertroude gemak van my huis en stoep en eie badkamer.
|
|
|
7 Maart 2008 |
|
Aftelling tot die begin van Naboom2Germany - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Op 15 Maart 2008, agtuur die oggend, as ek op my volbelaaide Kawasaki gaan klim, begin die vervulling van 'n lewensdroom vir my: 'n Alleenreis deur Afrika tot in Duitsland.
|
|
|
6 Maart 2008 |
|
Vroegoggend op pad met die KLR – Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het vanoggend vyfuur met die KLR die pad gevat Pretoria toe. Die Doohickey moes vervang word. Julle wat gereeld hier lees, sal weet wat dit is.
|
|
|
5 Maart 2008 |
|
My seiltjie – Lodie de jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| n Seiltjie pasgemaak vir my fiets met my naam en Naboom2Germany op. Onder die seiltjie kan ek in die woestyn skuiling kry as die son my wil doodbrand.
|
|
|
5 Maart 2008 |
|
Vandag was goed vir my – Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Met nog 9 dae en 'n klompie ure oor het vandag uitgedraai in 'n wonderlike dag.
|
|
|
5 Maart 2008 |
|
Die mense agter die name – Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| As 'n mens 'n reis beplan, ontmoet jy baie mense. Ontmoet is miskien nie die regte woord nie want jy leer die mense ken sonder om hulle enigsins in persoon te ontmoet.
|
|
|
4 Maart 2008 |
|
So lyk die Naboom2Germany t-hemde - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Klein Leané Cronjé met haar Naboom2Germany T-hemp. Haar pa Johannes het vir my die foto gestuur.
|
|
|
3 Maart 2008 |
|
Vir wie moet ek dankie sê? Marius Venter! - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Hierdie is die eerste toets waar ek die webblad opdateer deur middel van die sateliet terminaal wat Marius Venter van Interexcel tot my beskikking gestel het. Dit werk!!
|
|
|
29 Februarie 2008 |
|
Vanaand begin my langste vakansie ooit! - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Dit is 'n snaakse gevoel wat hom in my borskas kom tuis maak het. Vanaand hou ek op met werk.
|
|
|
28 Februarie 2008 |
|
Weet julle wat 'n Doohickey is? - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Een van die lekker dinge oor die toer is die baie mense met wie ek kontak kry. Sommige persoonlik, ander net per e-pos.
|
|
|
27 Februarie 2008 |
|
Uitslag van bloody insane visumaansoek wat rubbish is - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Vandag loop ek nie op vier silinders nie, net so op drie. Alles gaan stadig, rukkerig, en die groot vrede is nie in my nie.
|
|
|
26 Februarie 2008 |
|
Ek staan verstom oor die goedheid - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het vandag 'n diep filosoof ontmoet. Sy naam is Marius Venter van Interexcel - www.interexcel.co.za.
|
|
|
25 Februarie 2008 |
|
Naboom2Germany plakkers - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ja nee, as ek so na die plakker kyk, het ek 'n lekker trippie wat vir my wag. Kan nie wag nie.
|
|
|
25 Februarie 2008 |
|
Naboom2Germany plakkers - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| My fiets lyk nou al hoe meer na die fiets wat by veraf vulstasies 'n nuuskierige of twee sal lok.
|
|
|
24 Februarie 2008 |
|
Die plakker - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Hoe groter die probleem (bostaal - hoe dieper die sand) hoe groter is die Genade (Bostaal - hoe groter is die graaf).
|
|
|
24 Februarie 2008 |
|
Besoek uit Pretoria - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het die naweek besoek uit Pretoria gehad. Johannes en Liezel Cronjé kom 'n láááng pad met my.
|
|
|
22 Februarie 2008 |
|
Nog 'n regmerkie, een minder om te gaan - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het vandag by die bank die Amerikaanse dollar gekry wat ek bestel het, presies in klein note soos ek gevra het.
|
|
|
21 Februarie 2008 |
|
Ek juig terwyl ek omkyk! - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek beleef vandag 'n juigdag-terwyl-ek-omkyk! Eergister is die koerier summier weggestuur van die ambassade wat my visumaansoek as filosofiese snert beskryf het.
|
|
|
20 Februarie 2008 |
|
Visums, dobbelspel sonder beskerming - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Middag! Ek het gister vertel van die een ambassade se reaksie op my visumaansoek.
|
|
|
19 Februarie 2008 |
|
Snert en filosofiese, psigologiese onsin! - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek gaan nie die naam van die land noem nie want dit kan my kanse op 'n visum beduiwel.
|
|
|
18 Februarie 2008 |
|
Maandag 18 Februarie - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Die van julle wat Zimbabwe ken en nog kan onthou hoe dit in Vic Falls lyk, sal miskien die Wimpy onthou.
|
|
|
15 Februarie 2008 |
|
Vrydag, 15 Februarie, 2008 - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het gister my KLR in Johannesburg by Tours for Africa gaan haal. Toe ek op die parkeerterein stop, kon ek nie my oë glo nie.
|
|
|
14 Februarie 2008 |
|
Suiderkruis - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek het baie interessante leesstof oor die Suiderkruis van Rina Bondesio ontvang. Dit is 'n PDF dokument van 864kb en is nou by www.naboom2germany.co.za/Suiderkruis.pdf
|
|
|
13 Februarie 2008 |
|
Libië o Libië!! - Lodie de Jager |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Ek sit en werk in my kantoor. Na twee weke bosveldhitte het dit vandag gereën. Die aarde juig saam met my oor die nattigheid.
|
|
|
12 Februarie 2008 |
|
Dinsdag 12 Februarie |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| If you don't know where you are going, any road will lead you there. - unknown
|
|
|
10 Februarie 2008 |
|
Sondag 10 Februarie 2008 |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| St Johns kerkie Diep in die bos, in die Waterberg naby Vaalwater, staan hierdie besonderse kerkie.
|
|
|
8 Februarie 2008 |
|
Vrydag 8 Februarie |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| 'n Heerlike naweek lê voor die deur. My laaste naweek voor ek my motorfiets terugkry!
|
|
|
7 Februarie 2008 |
|
Fietshemel |
| Deur Lodie de Jager |
 |
|
|
|
|
6 Februarie 2008 |
|
Woensdag 6 Februarie |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Goeie more! Wat is blinde geloof? Om jou vrou saam met Tom Cruise vir 'n naweek weg te stuur, of jou man 'n naweek met Paris Hilton in Londen te laat deurbring?
|
|
|
4 Februarie 2008 |
|
Maandag 4 Februarie |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Middag! Ek het die naweek die twee internasionale rybewyse gekry wat ek moet hê op my rit deur Afrika. Ek is nuuskierig of ek dit ooit gaan nodig kry.
|
|
|
1 Februarie 2008 |
|
Sonnige Vrydag |
| Deur Lodie de jager |
 |
| More! Die week kon nie beter eindig nie. Ná die afsê deur die versekeringsmaatskappy het ek gaan wyd soek en op 'n Europese maatskappy afgekom wat bereid is om reisversekering aan 'n motorfietsryer te verkoop.
|
|
|
31 Januarie 2008 |
|
Libië, Reisversekering, Wisselkoerse, Vodacom |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Nog net 43 dae oor. Ongelooflik. Daar is weer lig voor in die tonnel met Libië, en dis nie te danke aan Abdul nie. Abdul het verdwyn. Ek hoop om binne die volgende paar dae meer te weet oor 'n moontlike visum.
|
|
|
30 Januarie 2008 |
|
Die laaste rondte begin ... |
| Deur Lodie de Jager |
 |
| Goeie middag! Die laaste rondte vir alle voorbereidings het begin.
|
|
|
|