Ramsay, Son & Parker (Pty) Ltd

 

 
 TUISBLAD
 NUUTSTE UITGAWE
 VAN DIE REDAKTEUR
 BOSSTORIES
 GROEN WENKE
 RADIO LANGPAD
 CHRIS BARNARD
 DOENDINGE
 BLOGS
 KOMPETISIES
 JULLE FOTO'S
 KONTAK
 SKAKELS
 SKERMBEELDE
 
 


 
Blogs
 
Dié www.mooiloop.co.za - afdeling is nommerpas ontwerp vir die Mooiloop- redaksionele span en erkende medewerkers om hul ondervinding op reise of sommer bosstories en ander wildlewenuus te deel met jou, die reis- en/of buitelewe-geesdriftige. Ry saam met Mooiloop-joernaliste wat pad vat, lees wat hulle alles kwytraak oor wat hulle sien en beleef, en lewer kommentaar daarop om só tot lewendige debatvoering by te dra.








Hein Bester

Jis

Ek woon tans in Londen, Brittanje, saam met seker amper 'n miljoen ander Suid-Afrikaners. Ons bly nie almal saam in 1 huis nie, net in die stad, hoewel daar wel dele is waar die mense hulself soos sardientjies inprop. En nee, dis nie ander lande se mense nie, dis ons eie Afrikaanse broers (en susters). Maar so spaar mens geld om die wêrled van die bokant af te deurkruis en te toer.

Voor Londen was ek op Stellenbosch; my 4-jaar B.SC MBK-graad (sport vir die gewone mens en jokkel vir die ouer gaarde) het ek in 5 jaar probeer indruk, maar gelukkig in 6 klaar gekry. Ná MBK het ek my HOD (onderwysdiploma) gedoen. Van al die dinge in Suid-Afrika wat ek mis, is die Stellenbosch se berge seker bo-aan die lys.

In Londen, is ek in die onderwys en geniet dit baie, maar dit was nie altyd so nie. Ek het ook al my dae van die kinders "Bliksems!" noem, gehad. Al wat verander het van daardie dae is dat hulle die woorde begin aanleer het, so ek moet nou meer kreatief wees met my Afrikaans. Ek gee skool by 'n staatsskool in Battersea, een van die suidelike voorstede van die stad. Hier gaan die kinders skool toe as hulle 3 is. Al voorvereiste is dat hulle ge-pottie train moet wees. Dit gebeur ook nie altyd nie, het ek al met 'n skok en 'n nat hand uitgevind.

Ek geniet dit om te toer en nuwe plekke te verken, want dit gee my die geleentheid om my passie, fotografie, uit te leef. As dit nie 'n sonsondergang op 'n Griekse eiland is nie, dan paragliding in Turkye of sommer net die ou getroue Eiffel-toring in Parys. Saam met dit geniet ek dit om te skryf ook, hoewel ek nie juis te veel tyd daarvoor kry nie, maar tussen die klasse en die kinders se neul, draai daar altyd 'n paar stories deur my kop.

Die Here het my vanjaar met 'n ongelooflike lewensmaat geseën en nou verken ons sommer alles weer van voor af. Dit maak die toer baie meer opwindend en soms onuithoudbaar, maar nooit vervelig nie. Dis soos daardie ou legendariese bande advertensie sê: "Toer met 'n metgesel; 'n mooie indien moontlik." Wel, ek doen.

 
26 September 2008
Die spinnekop - Hein Bester
Deur Hein Bester
Ek wil graag die storie (ek het dit nie self geskryf nie) met julle deel. Dis 'n storie wat nie onder die maatemmer verberg mag word nie.
10 September 2008
Tandarts - Hein Bester
Deur Hein Bester
Dis nogals snaaks hoe ons, Suid-Afrikaners hier in Londen, alle moontlike mediese ondersoeke, pille en brille altyd los vir daardie kuier by die huis.
 
 

 

footer