Ramsay, Son & Parker (Pty) Ltd

 

 
 TUISBLAD
 NUUTSTE UITGAWE
 VAN DIE REDAKTEUR
 BOSSTORIES
 GROEN WENKE
 RADIO LANGPAD
 CHRIS BARNARD
 DOENDINGE
 BLOGS
 KOMPETISIES
 JULLE FOTO'S
 KONTAK
 SKAKELS
 SKERMBEELDE
 
 


 
Blogs
 
Dié www.mooiloop.co.za - afdeling is nommerpas ontwerp vir die Mooiloop- redaksionele span en erkende medewerkers om hul ondervinding op reise of sommer bosstories en ander wildlewenuus te deel met jou, die reis- en/of buitelewe-geesdriftige. Ry saam met Mooiloop-joernaliste wat pad vat, lees wat hulle alles kwytraak oor wat hulle sien en beleef, en lewer kommentaar daarop om só tot lewendige debatvoering by te dra.






Dawie Kruger

Ek is Dawie Kruger alias Dawie Kabouter of Ben Bosveld; so gedoop deur vriende as gevolg van my voorliefde vir die Bosveld van alle plekke. Ek is verseker nie beste ou vir die stad se gewoel of tou staan vir kos en dies meer nie. Nee, gee my maar 'n plek waar ek net my geliefdes en die natuur om my het en ek is in my element.

Nee, ek is beslis nie jou "kom ons ry die lang naweek Margate toe"-tipe ou nie. Nee, gee my 'n stukkie Bosveld en die sterrehemel sonder om tou te staan vir twee ure by Milky lane vir 'n waterige roomys of twee ure in 'n KFC-ry om voor te kom en dan uit vind dat jy nog 20 minute moet wag omdat die hoenderstukkies nou klaar is.

Ek is die gebore avonturier wat daarvan hou om nuwe plekke te ontdek; partykeer selfs in my eie stad, die Jakarandastad. Elke keer as ek dink ek weet nou alles, is daar 'n ander plek of avontuur waarvan ek in my 39 jaar en 6 maande op moederaarde en selfs in my tuisstad nie van geweet het nie. Toer opsig self is soos manna vir die siel, al ry ek ver afstande sonder om 'n woord met iemand te praat maak dit weer 'n nuwe stukkie van my siel heel. Wanneer ek sien hoe die landskappe verander en die natuurtonele verander van bosveld, na grasveld, na woestyn, na berge en dan die see.

As jy wil saamtoer, kyk na wat ons beplan by www.theafricanexperience.co.za. Altyd vars nuut en bleddie lekker!

Ek is ook lid van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (www.sahunt.co.za) en is doenig met 'n toergidskursus deur Drum Beat Academy (www.drumbeatacademy.co.za).

Nouja, dis nou maar ek in 'n neutedop vir julle.

Lekker lees.
Dawie Kruger alias Ben Bosveld

 
19 September 2008
Hoeveel donkies het Botswana nou weer? - Dawie Kruger
Deur Dawie Kruger
Menings rondom hierdie vraagstuk verskil, dit voel elke keer as ek hier deur ry asof daar omtrent 4 miljoen donkies in Botswana moet wees.
8 September 2008
Jakkals en die blond 2006! - Dawie Kruger
Deur Dawie Kruger
Een van die mooiste geluide in die veld is sekerlik die van jakkals se kind.
4 September 2008
Wil jy Namibië toe gaan? - Dawie Kruger
Deur Dawie Kruger
Dit was my vriend Gerhard se vraag toe ons die Weskus einde 2005 sou gaan toer.
 
 

 

footer